(‘n
Psalm van ‘n rally ryer)
Ek jaag verbete hierdie resies, gee pad daarvoor
– pasop!
Ek drift tussen bome en klippe deur
en die stof staan verwoed uit die grondpad
uit op.
Haarnaald en blinde draaie skrik ons nie
af.
Steiltes en opdraendes is vir ons niks.
Want op U aanwysings vertrou ek Here, al
dink ek: “nóú is dit tickets”
U laat my stuur – wyd rondom slaggate, deur
‘n doringbos.
‘n Rivier lê wyd en breedt maar ek is vreesloos
en gear nie af,
My co-driver het gesê “dis okay”
toe trap ek daai petrol en ek gee hom gas!
En wanneer dit rof raak en die wiel is pap
Sal U nie in die kar bly sit, of die deur
toeklap
eerder sorg dat ek die regte tools het om
die wiel te ruil.
En die wielspanner by my oorvat as ek lus
is om te huil.
Ons klim vol stof en ghries terug in die
kajuit
Giggle saam oor ons benoude oomblikke toe
ek die kar aansluit.
Sy instruksies volg skielik so duidelik, so
akkuraat
En dis al wat vir my nodig is om daai V6 te
laat praat.
Met die wenstreep in sig wil ek Sy hand
gryp en triomfantlik waai
En sommer uitbundig van blydskap
“yeeeehaaaa!!!” uit my maag uit kraai
Maar toe ek afkyk sien ek iets wat my skaam
laat kry
Dis toe allie tyd Hy wat die ou karretjie
so vernuftig ry!
No comments:
Post a Comment