Mens
wonder soms waar jy jouself in haar gedagtes bevind.
Sy
vertel graag storietjies oor haarself as babatjie-kind.
(Haar
onskuld laat my soms aan Heidi en Peter dink.)
Dit
wat op haar hartjie lê is presies net wat sy sê.
Luister
maar fyn,
haar
woorde is baie akkuraat, vir iemand so klein.
Met
sagte ogies en vleiende wimpers, daag sy jou uit
en
wanneer sy slaap, soen ek haar saggies op haar lippies wat so tuit.
My
soentjies maak haar nie wakker nie, maar my fluister, hoor sy wel.
“Ek
is lief vir jou, pappa se prinses” dis al wat ek haar wil vertel.
Soms
is ek dalk onnodig kwaai en my hart afwesig as sy praat,
“Pappa
kan ons nog
‘n bietjie TV kyk”, al weet sy dis ‘n bietjie laat.
Jy
kan haar omkoop
met enige iets wat soet is
en
‘n braaivleisie peusel sy van die been af, asof dit ‘n móét is.
Annie Patat sê vir haar
Carlapper
‘n opgeruimde naam, dis gewis
Sy is almal se favourite
Sy is almal se liefling
Carlappertjie - dis net wie sy is
Op
haar eie moet sy wakker word, dit is ‘n moet,
Enige
ander manier as dit, moet sy verkieslik nie ‘n nuwe dag begroet.
Haar
sagte handjie hou myne vas, voor ons gaan slaap
en
as sy eers knus in my arms lê of selfs net aan my raak,
Musiek
en sy is vir mekaar gemaak
met
trippelende voetwerk laat sy enige deuntjie praat.
Op
die maat van MusicBox dancer, gee sy my ‘n knop in my keel,
so
op haar toontjies, maak dit my die liedjie weer en weer speel.
‘n
Fraaie prinses wat draai en draai en draai…
En
hoe wyer haar rokkie uit kan
swaai,
hoe
grooter haar glimlaggie of sommer net ‘n uitbundige lawaai!
Annie Patat sê vir haar
Carlapper
‘n opgeruimde naam, dis gewis
Sy is almal se favourite
Sy is almal se liefling
Carlappertjie - dis net wie sy is
Komplimente
oor my mooie kind
sal
jy oral waar ons saam is, gou-gou vind.
‘n
Blykie van liefde uit God se hand
Dis
wie Carla is. My meisiekind!
No comments:
Post a Comment