Gedurende Paasnaweek het ek dit goedgedink om
‘n bietjie van ‘n ander perspektief daaroor te kry. Dit het eers by een
paragrafie begin en later ‘n hele vervolg verhaal wat ek so “realtime” as
moontlik probeer hou het. Realtime in die sin van die gebeurtenisse gedurende
daardie 3 dae. Hier volg daardie 3 dae se posts op Facebook. Elke paragrafie is
veronderstel om iemand anders uit te beeld en wat hulle gedurende daardie 3 dae
beleef het. Van Pilatus tot die algemene omstanders. Ek het so nou en dan gaan
rondblaai in die Woord om my feite en chronologie reg te kry – Mattheus was my
verwysing!
Donderdag middag:
Só, het julle gehoor?? Hy
is nou net gevang. Die klompie manne by hom was toe nou nie so weerstandig as
wat almal gedink het nie. Die een ou het darrem getry en toe sommer een van die
klomp se oor afgekap! Jaha! Was nogal weird toe die rabbi die ou se oor genees.
Mens sou gedink het hy sou homself daaroor verlekker het?? Maar nouja, hy gaan
nou kry wat hom toekom. Hulle sal van nou af sy gal vir hom werk...
Donderdag aand:
My liewe magtag man!!!
Hou op karring!!! Dis nou net mooi die derde keer dat iemand my lastig val.
Hoeveel keer moet ek nog vir julle sê, ek wéét van die ou maar ek kén hom nie.
Los my nou uit. Dis koud. Ek wil net my hande by julle vuur warm maak. Een van die
omstaanders sê: "okay man. Chill. Ons kon sweer ons het jou in daai
groepie gesien." Wel, dit was nie ek nie. Lang ongemaklike stilte volg....
'n ander bystaander sê: "Jis ouens, is dit al die haan wat daar kraai?"
nog n rukkie stilte..."Waar is daai ou nou heen, dit het dan nou gelyk of
hy wou huil?"
Vrydag oggend:
Kom kom kom, word wakker
ouens. Julle sal moet roer as ons nog iets wil sien. Die mense sê hy is al
gegesel en die spulletjie lyk maar naar. Hulle sê dat hulle lanklaas, indien
ooit, gesien het dat hulle 'n misdadiger so wreed mishandel voor sy straf. Hy
is glo al swak en hulle sê hy sal dit nie tot bo-op die klipkop maak nie. Kom
nou, kom ons gaan kyk....
Vrydag midoggend:
Hey jy!!.. Ja, jy!! Wat's
jou naam? Kom help 'n bietjie hierso. Staan hier sodat ons die balk op jou
skouers kan sit. Toe, toe...move it. Help dra tog net hierdie swakkeling se
kruis anders sal ons nooit bo-op die klipkom kom nie. En moenie voete sleep
nie, die son trek water. En julle twee? Waarvoor wag julle nou eintlik, vat
julle kruise en loop.!! Ons het nie die hele dag tyd nie. Ek hoop al die
gereedskap is hier. Hy vra aan sy makker: “Het jy die hamer en spykers gebring?
Hoeveel spykers? Okay dit sal doen! Waar is die bittersap? Wie het die
bittersap gebring? Kom ouens, dat ons hierdie besigheid agter die rug kry...”
Vrydag middag 2uur:
Ek haat die reuk van
hierdie verdomde plek. Nou moet ons nog wagstaan en wag todat hy dood is. Ek
wonder hoe lank gaan hierdie donkerte nog aanhou. Dis nou al vir twee ure
donker. Dis nogal scary , moet ek bieg. Gelukkig lyk dit darrem nie of die
"koning van die Jode" ons té lank gaan laat wag nie...Hy lyk vir my na
aan dood....
Vrydag namiddag:
Aaah uiteindelik! Daar
gee hy nou sy laaste asem prys. Ek wonder wat het hy net voor dit gemompel?
Klink asof hy vir Elia gevra het om hom te help? Ha! Foeitog. Dit sit nogal nie
in Elia se broek om jou nóú te red nie koning Jesus!.......
En nóú...wat de joos gaan
nou aan???? Dis ‘n aardbewing!!! oooo hel, ons gaan almal vandag vrek! Mag die
gode ons beskerm!!!!!.....
Nadat dinge rustig geword
het - "Jong wag so bietjie. Wie is hierdie ou
nou eintlik dat hy die son kan uitdoof en die aarde só kan laat skud? Baie het
mos geglo en gesê hy is genuine die seun van die God van die klomp jode? Dit
kan mos nie wees nie? Hoekom sê my hart dan nou vir my dis waar? O God van die
jode!!! , as jy bestaan, wat het ek gedoen??? My hande en klere is vol bloed.
As dit werklik U seun hierdie was, as dit hy was, maak my net hier dood ASB!
Hierdie dade kan U seer sekerlik nie vergewe nie??? Maak my eerder dood...
Vrydag aand:
Snik' Snik... Snuif...
Josef, ons weet nie hoe om dankie te sê vir die graf en linne om Hom in toe te
draai nie. Tenminste weet ons nou Hy rus geklee en veilig. Nou dat die soldate
Sy graf oppas kan ons seker maar huis toe gaan. Kom Maria, dit was 'n laaang
dag. Een wat ek nooit weer in my lewe wil oor hê nie. Mens kan net soveel pyn
en hartseer hanteer. Waar is die 12 manne? Ek weet nie jong. Ek dink toe
hulle sien wat besig was om te gebeur, het hulle so bang geraak dat hulle
hulself eerder maar uit die voete gemaak het. Ek neem hulle nie kwalik nie.
Maar ek dink ek weet waar hulle is. Kom ons maak eers daar 'n draai en luister
of hulle okay is. Dan wil ek probeer slaap, ek is dood moeg...
Vrydag aand laat:
Jy besef natuurlik jy het
hierdie ou vandag onskuldig laat dood maak? Ek het jou dan vertel van my droom?
Hoekom luister jy nie vir my nie? – Dammit vroumens, wat moes ek doen? Het jy
nie die mense gehoor skree nie? As ek hom nie oorgegee het nie sou ons dalk nie
vannaand hier gewees het nie. Dink jy vir een oomblik ek WOU hom oorgee in die
hande van daai spul gillende en stokswaaiende mense? Hoekom dink jy het ek my hande in onskuld gewas. Hulle sou
ons binne ons eie huis kom keel afsny het. Buitendien, wou hy homself nie
verdedig nie. Ek kan nie glo hy het net daar gestaan en al die beskuldigings
gevat nie. Dis asof hy op 'n mission was!
Ek weet in elkgeval ook nie hoe de hel ek gaan slaap vannaand nie. Ek is op geworry en ek het hierdie vretende gevoel in my hart dat ek hierdie arme man onskuldig vir die leeus gegooi het!
Ek weet in elkgeval ook nie hoe de hel ek gaan slaap vannaand nie. Ek is op geworry en ek het hierdie vretende gevoel in my hart dat ek hierdie arme man onskuldig vir die leeus gegooi het!
Vrydag aand baie laat:
Wat dink jy Petrus? Wat
gaan in daai kop van jou aan? Sal iemand asb net om hemelsnaam iets sê? Wat as
hulle hier inbars en ons almal arresteer? Ek is doodbang... Manne, ons moet
vlug, hulle gaat ons almal kruisig. En waarnatoe wil jy dalk gaan? Dis in die
middel van die nag en dis vrek koud buite. Probeer net kalm bly en laat ons die
ding besin.
Hoekom wou Hy nie maar net luister toe ons hoeka nie hiernatoe wou kom nie? ('snik,snuif,snik') Nou is dit 'n hengse gemors. Ons beste vriend is sopas flenters geslaan en vermoor en hier sit ons, te bang om selfs iets te sê.
Kom kêrels, het almal iets geeët en gedrink, dit was 'n lang dag. Ons is nie honger nie. Hierdie knop op die krop van my maag wil nie nou dat ek iets eet nie. Wat dink julle het hulle met Hom gedoen na afloop van alles? Sjeesh ek hoop nie hy hang nog daar nie, môre is Sabbat dan mag niemand Hom mos afhaal en begrawe nie en dit beteken Hy moet tot oormôre daar hang. Ons kan Hom nie gaan haal voor dan nie en even dan as hulle ons sien is dit tickets met ons! Miskien moet ons probeer om te slaap en môre verder hieroor te praat, ek is dood moeg. Slaap?? Vannag?? Yeah right! ...
Hoekom wou Hy nie maar net luister toe ons hoeka nie hiernatoe wou kom nie? ('snik,snuif,snik') Nou is dit 'n hengse gemors. Ons beste vriend is sopas flenters geslaan en vermoor en hier sit ons, te bang om selfs iets te sê.
Kom kêrels, het almal iets geeët en gedrink, dit was 'n lang dag. Ons is nie honger nie. Hierdie knop op die krop van my maag wil nie nou dat ek iets eet nie. Wat dink julle het hulle met Hom gedoen na afloop van alles? Sjeesh ek hoop nie hy hang nog daar nie, môre is Sabbat dan mag niemand Hom mos afhaal en begrawe nie en dit beteken Hy moet tot oormôre daar hang. Ons kan Hom nie gaan haal voor dan nie en even dan as hulle ons sien is dit tickets met ons! Miskien moet ons probeer om te slaap en môre verder hieroor te praat, ek is dood moeg. Slaap?? Vannag?? Yeah right! ...
Saterdag oggend vroeg:
Jinne maar vanoggend is
dit ekstra koud!!! Brrrr.... Wil iemand my nie net ASB met 'n koue bak water
gooi en sê dat gister net 'n nare droom was nie. Ek dink nie ek wil opstaan
vandag nie. Ek wil net hier lê. Sommer net die hele dag lê en huil. Wat gebeur nou
vorentoe? Alles wat Hy gesê en gedoen het was dan so real. Dit het dan so baie
mense se harte en denke verander en nou...nou is Hy weg...vir altyd. Ek huil
sommer weer. Hy het altyd tyd gehad vir almal. Selfs ons as vroue en ons
kinders was nie vir Hom 'n las nie. Ek gaan Sy menswees sooo ontsettend baie
mis. Ai Jesus, wil jy nie asb terugkom nie? ASB ASB ASB...
Die volgende paar paragrawe is gedurende Saterdag geskryf vir refleksie op
die vorige 2 dae!
Is hierdie nie die plek
waar hy so baie mense kos gegee het nie? Jip, dis einste hier. Was jy by?
Hahaha. Ek sê jou dit was 'n huge wonderwerk. As ek moet skat sou ek sê hier
was omtrent so 4000 mense. Vrouens en kinders uitgesluit. Soos ek Hom geken het
wou hy nie hê ons moes met leë mae huistoe gaan nie. Nou waar het Hy dan soveel
kos vandaan gekry? Ha! Dit was sooo cool! Hulle het 'n seuntjie met 'n paar vissies en 7brode in die hande gekry. Man,
voor jy kon sê "piesangslaai" het ieder en elk 'n stuk brood met vis
daarop, in die hand. Ek sê jou, nie net het Hy die mense se harte gevoed
daardie dag nie maar in true Jesus-styl, elkeen met 'n vol maag huistoe
gestuur. Daai ou het 'n geniune hart gehad hoor. 'n Hart vir mense. In my lewe
het ek nog nie iemand gesien wat soveel vir mense omgegee het soos Hy nie. Hy
was real! Yup en nou...nou is hy nie meer met ons nie. Die Klomp bastards wat
hom moes doodmaak...weetjy. Hy het mos niks verkeerd gedoen nie? Hulle maak my
uit my maag uit naaaar.
‘n Kennis van die 11
manne: “Hoe voel julle klomp vandag?” Sjeesh, nie veel beter as gister nie. Ons
ly steeds aan skok man. Die Kennis: “Ek glo julle, ek weet net julle kan bitter
bly wees julle het nie die hele ding gesien nie. Het julle geweet dat hulle...”
NEE STOPIT MAN! Ons wil niks daarvan hoor nie. Hoe lyk die gemoedere daar
buite? Kennis: “Nee wat, dis so kalm soos n woestyn-palm. Julle ouens kan maar
gesig wys. Ha!! Ek dink bv. glad nie so nie. Ons weet nie of ons moet bid of panic of kom of gaan
nie. Kenis: ”Hoekom? Die klomp blikskottels het mos nou hulle sin gekry?” Jaja
maar ons was Sy 12 (nou 11) beste vriende. Wat dink jy gaan hulle met ons
aanvang as hulle ons kry? Kennis: “Phhhff...ek dink hulle is nou eers genoeg
bloedorstig gewees.” Julle moet nou net nie staan en verder aangaan met hierdie
predikinge nie want dan sóék julle vir strooi en gáán julle op julle glory kry.
Hoor julle? Ons weet nie daarvan so lekker nie...Al is Hy dood, is dit net asof
iets vir ons sê "dis nog nie die einde nie"
Howzit-howzit, ek hoor ek
het GROOOT sports gemis gister? Waar de hel kom jy nou vandaan? Ek het so
bietjie visgevang en toe sommer op die boot gekiep. Hoe lyk julle dan só? Lyk
of julle 'n spook gesien het. Kom, kom. Gooi daar 'n dop dan vertel julle my al
die gory detail. Was dit daai Jesus-ou waarmee hulle so gemors het? Haha. Hy
het mos maar daarvoor gesoek. Wat is julle so stil..wat gaan aan? Nog stilte....Daardie "Jesus-ou" was 'n
bietjie meer as wat ons almal gedink het - ou! Daai "ou" het toe al
die tyd die waarheid gepraat. Daai "ou" is 'n beter mens as die hele
spul van ons in hierdie kroeg. Hy het selfs tot die dood toe volgehou dat Hy
die Seun van God is. Aaaahhh bull man! Gaan julle nou soft raak op my?? Julle
sit hier en sulk oor iemand wat twee dae terug vir julle NIKS beteken het nie.
En nou?? Nou skielik is hy ALLES!? Ek loop eerder. Ek sal eerder op 'n ander
plek 'n knerts gaan maak. 'n Stem van agter af - "Wag eers"
"moenie loop nie". 'n Ander stem - "Los hom" "ek het
'n gevoel die waarheid gaan hom vind, al soek hy dit nie...”
Ek het gou nou daar 'n
draai gaan maak. Die wagte is nog in plek. Hulle sê daar was nog geen teken van
enige mense óf moeilikheid makers nie. Ek is net geworry dat daai klomp Jode sy
liggaam sal kom wegdra en dan sê hy het kamma kastig opgestaan. Ek dink nie ons
hoef bekommerd te wees nie. Die "koning van die Jode" sal nêrens heen
gaan of verdwyn nie. Daarvoor sal die wagte sorg. Ons gee dit so 'n week dan
sal die hele storie oorgewaai wees. Ek is bly dis nou verby. Ek hoop ons het
nou 'n voorbeeld van hom gemaak en dat hierdie tipe ding nie weer sy kop sal
uitsteek nie. Ons kan nie toelaat dat ouens soos hy ons outoriteit ondermyn
nie...
Ek kan nie nou help om
skielik te glimlag nie. Wat is so snaaks? Onthou julle toe Hy daai keer die
blinde ou gemaak sien het. Ek het eers gegril vir die spoeg/modder mengsel wat
Hy in sy hand gemeng het en toe op die ou se oë smeer. Maar toe ek daai ou se
uitdrukking sien toe sy oë oopgaan...priceless! Hy het amper bo-op Jesus
gespring. Haha. Hulle twee het omtrent 'n blydskaps dans gedans! Ek weet nie wie van julle gesien het nie, maar die cherry op
die koek was toe die ou daar weg loop, gryp Hy hom aan sy arm en trek hom
saggies nader. Ongesiens prop Hy toe 'n broodjie in die arme ou se lapsak en
wys met Sy vinger dat hy moet sjuuuuus asof dit 'n geheim tussen hulle twee
was. Dis sulke goed wat ek gaan mis. Nie die obvious groot goed nie maar dis daardie
klein dingetjies...
Ha! Nee wat! Die pitts
was daai aand met die storm en ons in die boot. Dit sal ek nie sommer vergeet
nie. Ek dink ek was tóé banger as vannaand. Ek het weer al Sy stories geniet.
Elkeen van hulle het altyd reguit in my hart ingepraat. Baie dinge in my lewe
het verander agv van dit. Ek moet sê, dit het my weer in die begin bietjie
gepla dat Hy soms met die los girls en geldwolwe en low-lifes wou uithang. Maar dit was asof Sy teenwoordigheid tussen hulle,
net onverklaarbaar hulle harte verander het. Nou praaajy! Dit was nou vir jou
Jesus daai. Jy kon Sy spoor vat met al die mense wat hy gesond en getroos
agtergelaat het. Ek wonder hoe lank sal mense nog van Hom sal praat voordat Hy
ook maar net 'n gedagte sal word? Ek hoop môre is 'n beter dag...
Sal jy more oggend vroeg
saam my graf toe stap sodat ons Sy liggaam met die kruie en olie kan gaan
balsem asb? Ons moet kyk om sommer voor ligdag daar te wees! Sure Maria. Ek
hoop ons kry die klip weggerol. Ek dink die wagte behoort ons darrem daarmee te
kan help...
Sondag oggend baie vroeg!
Dis ons! Maria en Maria
(M&M). Maak gou oop ons het great nuus. Die 11: Kom gou in, wat is dit? M&M:
Jesus lewe! Ons het Hom nou net gesien! Die 11 manne: Julle yl mos nou? Hoe
laat het julle gaan slaap? 2dames: Okay - Hier is wat gebeur het...(vertel
hulle die hele storie) Die 11 manne: Dit klink amper te goed om waar te wees?
But then again..Hy ís Jesus en met Hom is enige iets moontlik. Waar het julle
gesê moet ons Hom gaan soek? Galilea? Kom ouens. Kom ons glip sommer dadelik
soontoe..(dit wil ek darrem eers met my eie oë sien...)
Sondag laat oggend:
Roer julle agterente
ouens! Ons is amper daar. Hooohaa! Ek is so opgewonde ek kan nie my lag hou
nie. Besef julle wat die implikasies daarvan is AS Hy genuine lewe? NEE PETRUS,
verlig ons bietjie met die feite? (sarkastiese ondertoon). Magtag, jy het nog
nie opgehou babbel vandat ons uit Jerusalem weg is nie. Konsentreer bietjie op
die pad en hou op giggel. Okay ek sal ophou maar ek sê julle, hier kom iets
groooot! Ek voel dit aan my rok se pante. Grooter as wat ons dink. Ooo jimmel
(vryf sy hande vinnig soos 'n honger man teen mekaar) HUGE MAN HUGE!!!! Die
ander: "ha! Sug, tsk tsk tsk!" "los hom...hy is op sy eie
missie, moenie sy opgewondenheid spoil nie, ek geniet hom nogal in so
opgeruimde bui. Hy geniet vir Petrus: Hehehe en hy dink..."Jesus, jy beter
lewe, nie net vir Petrus se onthalwe nie maar my gut feeling sê die hele
mensdom wag net hiervoor...
Sondag namiddag:
Ek is sonder asem en
sonder woorde. Te midde van die vrees in my hart is daar 'n snaakse rustigheid
wat alles oorskadu. Noudat ek weet Hy leef, weet ek, alles sal okay wees. Wie
weet wat die tyd wat voorlê, inhou? As die dood Hom nie stil gemaak het nie,
wát sal dan. En ons? Moet ons dan regtig so beangs wees? Moet ons regtig te
bang wees om net te sê: "Ja - ek ken Hom! en "Ja Hy is my beste vriend" en "kom ek vertel jou wie Hy regtig
was?" En skaam? Moet ons skaam wees? Waaroor? Vir die feit dat ons vry kan
wees? Vry van alles wat jou hart in 'n kopklem het? "Bang" en
"skaam" is sommer net aanwensels. Wat hierdie afgelope 3dae gebeur
het behoort hierdie 2 woordjies heel uit enige Christen se woordeskat uit te
skuif. Ons kan as te ware onbeskaamd, nie bang wees nie!...
Sondag aand:
En nóú??? Vir wat staan
jy hier rond met jou uniform in jou hand? Het jy nie 'n regement om aan te voer
nie? Soldaat: “Ja ek het. Maar ek het ook iets om te sê - noudie dag, by daai
kruis...” Sy makker: “Vergeet nou om hemelsnaam van "daai" kruis. Jy
het 100de van hulle op daai klipkop staan gemaak! Wat maak hierdie een skielik
só anders?” Die Soldaat:”Jy sien, dis hoekom ek hier is. Jy is tog reg, hiérdie
kruis het nie vir my méér as al die ander beteken nie...dis die draer daarvan... Dis
Hy wat my tickle. Jy weet, ek is 40 jaar oud. Ek het in al hierdie jare nog
nooit so lewendig gevoel soos daardie oomblik toe Hy sy laaste asem gegee het
nie. En weet jy wat? Ek het skielik ook sommer moeg geraak. Moeg geraak
daarvoor om mense stadig en pynlik te sien doodgaan. Ek dink ek wil vir die
volgende 40jaar sien hoe mense lewend raak! Ek het baie gehoor van hierdie
Jesus voor ek hom teen daai houtbalk vasgekap het. Ek het gehoor hoe Hy mense
'n nuwe lease op die lewe gegee het. En DIT, is wat ek wil doen. Die makker: “Bwahahaha!
Jy, van alle mense?? 'n Bloedorstige suiplap? Mense help en gesond maak???
Moenie dat ek myself vrek lag nie man!!Hahaha!....” Soldaat: “Hmmff, jy kan
maar lag, maar dit is nou só! Dis wat ek wil doen. So hier is my swaard en
spies en my panser! Ek gaan hierdie Jesus opsoek en Hom begin volg.” Makker: “
WAT?? Seriaaz nou? Hys dan begrawe man?” Soldaat: Ha! Nogal nie! Ek hoor hy is
so lewendig soos ek en jy boet! Spring lewendig! Ek hoor ook dat sy volgelinge
ORAL hierdie boodskap verkondig. Só, ek gaan hulle join en wie weet miskien
ontmoet ek Hom dalk net wéér, en dié keer is ék op my knieë voor Hóm! .....Makker:
“Jy's rêrig ernstig né?...” Soldaat: “ Yup!”.... Makker: “Ek kan sien jyt
verander boet....” Soldaat: “Nou toe -
niks keer jou nie, hoe lykit? Gee in jou goed en join my?...” Makker: Hehehe
nee ek weet darrem nie, gaan jy maar. Ek weet elkgeval niks van hierdie Jesus
af nie. Soldaat: “Nou maar ek ook nie regtig nie maar my gut sê vir my Hy sal
alles organise! Ek moet nou eers groet - Gee my 'n druk! Ek gaan jou mis man!
Sien jou!.......” (laaang stilte volg terwyl sy makker wegloop...) Hey wag...!
Ek dink...ek dink ek wil dit 'n "go" gee. Soldaat: “Noutoe kom. Trek
uit daai uniform en kom NET SOOS JY IS! Ons sal nie spyt wees nie...”
Iets om oor na te dink: Enige goeie storie het
altyd of 'n vreeslike tragiese einde of een wat jou met 'n smile die boek laat
toemaak en dink: "dit was nou 'n bevange storie"! In die regte lewe
werk dit so te sê presies net so. Jou lewe eindig of tragies of met 'n smile.
Die wonderlike ding hier is, dat jou keuses hoofsaaklik hierdie einde bepaal.
'n Mens kan mos nou sê: "wow daai ou het uitgegaan met 'n bang! 'n Vol
lewe gely en al die regte goed gesê en gedoen" Maar niemand behalwe hy en
God weet wat rêrig in sy hart aangegaan het nie. God sê dit so mooi in Sy woord
dat die menslike hart bedrieglik is. Bedrieglik vir ander maar nie vir Hom nie.
Jóú keuse gaan op die ou end van die dag, in jou hart lê. Kies jy reg - lê dit
nie daar en vrot nie, dit ontkiem en groei en word iets besonders. JY word iets
besonders. Jy word en groei na die mens wat jy oorspronklik veronderstel is om
te gewees het, soos God jou beplan het VOORDAT die wêreld jou beet kon kry. Die
teenoorgestelde keuse gaan lê ook in jou hart. Maar hierdie keuse raak septies.
Dit sweer todat dit later wil oopbars. Hier is geen salf aan te smeer nie.
Máár, dis nie waaroor hierdie storie gaan nie. Hiérdie storie laat skop 'n
keuse vir die lewe met Jesus, in aksie. Alles hoef nie noodwendig tot niks te
kom nie. Daar ís lewe as 'n Christen. En dis níe so bad soos wat almal sê nie
en nee, hulle is verséker nie almal perfekte mense nie. Hoe voel jy vandag in
jou hart? Waar lê jou keuses? Is jou keuse gegrond op wat ander kan sien van
buite af of wat hulle kan lees op jou status update? Of, is jou keuse eerlik en
opreg gegrond in jou hart? Wat hierdie laaste 3dae gebeur het, maak jou eerlike
en opregte keuses 'n reality! Dis hoekom Sy naam Jesus is. Dis hoekom Hy hier
was en dis hoekom Hy steeds harte verander, om LEWE te gee!
No comments:
Post a Comment