Hoekom streef so baie mense na die hemel? Hoekom as jou hond
dood gaan – is hy in die hemel? Hoekom as iemand afsterf, gaan hulle outomaties
hemel toe? Is dit nie maar omdat die
hemel ‘n “plek” van rus geword het nie? Of sal ek sê ‘n plek van “sus”. Ons sus
onsself met die gedagte van ‘n hemel en dat ons geliefdes daar gaan aftree hetsy
dit na ‘n lang siekte of selfs ‘n lang lewe van uitspattig lewe en reisies jaag
na die beste. EK hoor noudie dag iets wat my hare laat rys...ek gee my medelye
aan iemand wat se pa oorlede is na ‘n kort en kragtige siekbed. Die ou oom was
maar al te bekend vir sy “sê-wat-hy-wou-vir-wie-hy-ookal-wou” lewenshouding. Die
persoon sê toe aan my: “Ja, pa is darrem nou op ‘n beter plek, hy sal seker van
nou af vir ons almal vloek en skel daar van bo af” Ek lag toe eers maar besef
later wat hy eintlik gesê het. Kan mense dan rerig onder so ‘n wanindruk wees? Die
indruk dat die hemel ‘n plek is waarnatoe ALMAL gaan as hulle doodgaan. Obvious
weet mens nie wat rerig in die oom se hart aangegaan het voor hy dood is nie.
Hy kon dalk op die laaste asem ‘n commitment gemaak het en Jesus gevra het om
hom te vat en te verander maar dat mense steeds dink dat iemand onveranderd in
die hemel kan opeindig en dood luiters sou aangaan met sy dade en dinge soos
wat hy dit hier tussen ons gedoen het. Eiish! Reality check...?
Só wat is die hemel dan? En is die hemel iets waarna ons
moet streef en ons so moet lewe dat die hemel eendag ons beloning sal wees
daarvoor? Waaroor gaan die hele hemel, ewige lewe en die hiernamaals besigheid
dan? Wel, dit gaan nie oor een van hierdie nie – dit gaan oor God. Die hemel
het ons nie geskape nie, die hemel vergewe ons nie as ons daarna vra nie. Die
hemel het ons nie die keuse gegee tussen reg en verkeerd nie. God het. Ons hele
menswees moet bestaan daaruit om God te soek, te eer (lief te hê) en
te gehoorsaam. Nie die hemel nie. God is die persoon, en
die hemel is ‘n plek of ongedefinieerde ruimte waar Sy teenwoordigheid vir ewig
sal wees. Soek jy rerig met ALLES in jou, God se teenwoordigheid in jou lewe,
nie oor wat Hy vir jou kan beteken nie maar omdat jy Hom regtig liefhet? As dit
geniune dít
is wat jou hart laat vinniger klop as jy aan God dink - is dít presies wat jy kry - die hemel met
God daarin, vir EWIG.
So, NEE, jy moenie wil hemel toe gaan nie – jy moet na God
toe wil gaan. Jy moet by Hom wil wees for ever and ever. Dis by God wat jou journey hier op aarde begin
en dis by Hom wat dit nooit ophou nie. Jou journey moet soveel vrede, rus en
geluk bevat dat jy nie wil hê dit moet ooit ophou nie – dis die ewige lewe en
dis na my mening - die HEMEL!
Amen! Pragtig geskryf en absolute waarheid.
ReplyDelete