Monday, 17 December 2012

Mocking the Almighty

Ek is so moeg daarvoor om mense se vrot (kommin) kommentare te lees op koerantberigte en op websites. Dit raak so erg dat mense al beledigend raak teenoor niemand anders nie as teenoor God. Ek lees 'n stukkie op Facebook wat deur iemand geplaas is oor "The mocking God" wat nogal scary was. Maar wat meer scary was, was die kommentare daarop. Oral het daar kommentare opgeduik wat mense dink hulle kan God beledig. As jy nie in God glo nie - moet dan nie jou mond uitspoel oor Hom en se Hy is onregverdig en allerhande snert nie. Los Hom dan uit. Blameer dan in wie jy ookal glo en gaan soek jou antwoorde by "dit" wat jy glo die wereld in die rondte laat draai! Moenie dan 'n God blameer of beledig waarin jy nie glo nie. En as jy in Hom glo en een of ander tyd 'n bloutjie met Hom geloop het en nou vies is vir Hom, maak jou mind op en besluit of jy nog wil aangaan met Hom as jou skepper en of jy nou 'n ander god gaan volg. Deur vies te wees vir Hom en Hom te beledig gaan jou nerens bring nie want Hy skuld jou absoluut niks. Jy, inteendeel , skuld Hom absoluut alles. So - volg dan wie jy wil volg en glo in wie jy wil glo maar respekteer dan mekaar se geloofsoortuigings en los die beledigings maar uit. Ek is redelik seker dat in enige geloof  "beledigings" nie die beter ding is om te doen nie.

Tuesday, 27 November 2012

Die hemel is 'n bysaak...


Hoekom streef so baie mense na die hemel? Hoekom as jou hond dood gaan – is hy in die hemel? Hoekom as iemand afsterf, gaan hulle outomaties hemel toe?  Is dit nie maar omdat die hemel ‘n “plek” van rus geword het nie? Of sal ek sê ‘n plek van “sus”. Ons sus onsself met die gedagte van ‘n hemel en dat ons geliefdes daar gaan aftree hetsy dit na ‘n lang siekte of selfs ‘n lang lewe van uitspattig lewe en reisies jaag na die beste. EK hoor noudie dag iets wat my hare laat rys...ek gee my medelye aan iemand wat se pa oorlede is na ‘n kort en kragtige siekbed. Die ou oom was maar al te bekend vir sy “sê-wat-hy-wou-vir-wie-hy-ookal-wou” lewenshouding. Die persoon sê toe aan my: “Ja, pa is darrem nou op ‘n beter plek, hy sal seker van nou af vir ons almal vloek en skel daar van bo af” Ek lag toe eers maar besef later wat hy eintlik gesê het. Kan mense dan rerig onder so ‘n wanindruk wees? Die indruk dat die hemel ‘n plek is waarnatoe ALMAL gaan as hulle doodgaan. Obvious weet mens nie wat rerig in die oom se hart aangegaan het voor hy dood is nie. Hy kon dalk op die laaste asem ‘n commitment gemaak het en Jesus gevra het om hom te vat en te verander maar dat mense steeds dink dat iemand onveranderd in die hemel kan opeindig en dood luiters sou aangaan met sy dade en dinge soos wat hy dit hier tussen ons gedoen het. Eiish! Reality check...?

Só wat is die hemel dan? En is die hemel iets waarna ons moet streef en ons so moet lewe dat die hemel eendag ons beloning sal wees daarvoor? Waaroor gaan die hele hemel, ewige lewe en die hiernamaals besigheid dan? Wel, dit gaan nie oor een van hierdie nie – dit gaan oor God. Die hemel het ons nie geskape nie, die hemel vergewe ons nie as ons daarna vra nie. Die hemel het ons nie die keuse gegee tussen reg en verkeerd nie. God het. Ons hele menswees moet bestaan daaruit om God te soek, te eer (lief te hê) en te gehoorsaam. Nie die hemel nie. God is die persoon, en die hemel is ‘n plek of ongedefinieerde ruimte waar Sy teenwoordigheid vir ewig sal wees. Soek jy rerig met ALLES in jou, God se teenwoordigheid in jou lewe, nie oor wat Hy vir jou kan beteken nie maar omdat jy Hom regtig liefhet? As dit geniune dít is wat jou hart laat vinniger klop as jy aan God dink -  is dít presies wat jy kry - die hemel met God daarin, vir EWIG.

So, NEE, jy moenie wil hemel toe gaan nie – jy moet na God toe wil gaan. Jy moet by Hom wil wees for ever and ever.  Dis by God wat jou journey hier op aarde begin en dis by Hom wat dit nooit ophou nie. Jou journey moet soveel vrede, rus en geluk bevat dat jy nie wil hê dit moet ooit ophou nie – dis die ewige lewe en dis na my mening - die HEMEL!  

Wednesday, 31 October 2012

Master Cheffertjie.

Ek is nie 'n groot Master Chef-fan nie. Ek dink dis tydmors om so te le en niks doen en dan nog boonop honger te raak en belustig vir al wat 'n lekker-ding is om te eet, nie. Maar vannaand was anders. Dis |Master Chef JUNIOR. My vrou soebat my omtrent om net ietsie te kyk. Ek moet bieg ek het al so nou en dan met die een oog en oor gevang wat op die JUNIOR edition aangaan en wat my elke keer opgeval het is die supercool manier van die judges om met kinders te werk. Hulle kritiek was altyd opbouend al was dit negatief... Hmmm - Kan mens negatiewe kritiek gee en steeds iemand daarmee opbou, wonder julle? Kyk bietjie hierdie ouens - hulle is meesters daarmee. Ek love hulle (soos my dogtertjie altyd se). Dit laat my altyd wonder hoekom ons in die werklike lewe nie die selfde kan doen nie. Okay, verseker is daar 'n sekere 'skill' daarby betrokke maar ek dink dis defenitief aanleerbaar. Dink net hoe ons mense om ons en ons eie lewens daarmee sal verander. Dis vir my so 'n goeie illustrasie wat in 1 Korintiers 4:14 "Ek skryf nie oor hierdie dinge op hierdie trant om julle sleg te laat voel nie. Ek doen dit eerder om julle reg te help, want ek het julle lief soos iemand sy eie kinders liefhet".

En toe kom die tweeling sustertjies teen mekaar te staan en die een of die ander moes ongelukkig die aftog blaas. Isabella wen en Sophie gee twee sinnetjies wat omtrent elkeen 'n traan laat pik - ek ingesluit. Die vraag aan haar was: "Wat was die mees ongelooflikste oomlik gedurende jou tyd op Master Chef Junior? Die twaalfjarige se antwoord was eenvoudig: "This moment right now where my gorgeous sister is one of the two finalists of Master Chef Junior" - is dit nie awesome nie? Nie 'n oomblik die spotlight op haar self nie maar na buite. Finominaal! Ek wil haar ouers ontmoet - hulle het dit reggekry om 'n kind groot te maak wat die wereld 'n beter plek maak!

'n Cooking groete!

Tuesday, 30 October 2012

'n Boesman hart

Ek moes net eenvoudig hierdie met julle deel. Ek het lanklaas iets so eerlik en eg gehoor soos die stukkie.


Die Boesman se Onse Vader
Geskryf deur: 
PJ vd Heever

Onse Vader wat doer erens ver bo in die bloulug is, 
diese warm dag wil ikke op myse kniege tot U kom bid.
Lat U se koningskap tog by ons kom en 
lat U se grootheid hier tissen ons staan gemaak kan worre
en lat U se wil gebeure doer bo by U rond, 
net so gebeure hier by ons Boesm'land se grond
Gee ons vandag onse tjai-impie kos en vergewe ons, 
onse sondige gemors sos ons die ander minse sin vergeef.
Here laat die kwaaddoen goeterse wye draaie om ons loop
en gee tog samblief Here lat die duwel nie naby kom nie. 
Die minse doen sulke lelike goeters teenoor my
maar help tog samblief dat ik dit nie sal raak sien nie.
Dan sal U mos ok nie myne raak sien nie. 
U is vir altyd en vir altyd. 
Amene my groot Kroon. 


Is dit nie uitstekend nie? Ek wonder wie het al ooit so openhartig en met eerlike taal tot die "Groot Kroon" gebid? Ek dink God verkies hierdie tipe eenvoud. Bring net jouself na die gebedsvloer toe en los al jou fensie woorde vir die dominee en die kerkraad! 

Groetnis!! 

Monday, 29 October 2012

Wat en wie is "hart"?


Die Hart = orgaan wat bloed deur jou liggaam pomp
‘n Hart = ook bekend as jou siel en gees en gemoed.
My Hart = dit wat binne jou diepste dieptes aangaan, dit wat jý dink, jy is die enigste een wat van weet.

Ek dink soms dat ons te veel karring met die hele kruisiging en bloed en marteling en wonde en selfs die opstanding van Jesus. Kom ons los dit bietjie daar. Soos die engelsman sê: It's a given. Dis feite, dit het gebeur, finish en klaar. Kom ons vergeet sommer van die groot “hoekom’s” ook. Hoekom het Jesus gesterf, wat is die rasionaal daaragter?  Weereens - dis 'n given. Óf, jy glo dit in jou hart en is só seker daarvan as van die lessenaar waaragter jy sit of die stuk gereedskap wat jy in jou hand vas hou. ÓF.... jy glo dit eenvoudig nie.
Afgesien, dan van wat jy glo, as dit is in Jesus – “stop focusing on the cross for a while” . En nou nadat jy van jou stoel af geval het en dalk op jou knieë geval het – “Get sommer busy knowing what He stands for – só op jou knieë”. Read what He said to his Father, God and learn from their communication (John 17). Leer God ken vir wie Hy is. Wat Hy doen en hoe Hy dit doen. En mees belangrikste hoe skakel ek by Hom en Sy planne in? Waar pas jy - die legkaartstuk, by die groter prentjie in. Nou die million dollar question – HOE? Hóé leer ek Hom ken???

My gevoel is: Hou dit so eenvoudig as moontlik, yep, die basics is belangrikste. Praat gereeld met God. Sommige mense noem dit “bid”. Doen dit in totale stilte en doen dit dan hardop. Ja – praat hardop. As jy regtig moeite gedoen het om jouself in ‘n stil plek af te sonder, sal niemand jou hoor en dink jy is kenz nie. Wees oop vir sy Gees. Moenie probeer om Sy stem te hoor nie, luister eerder net ‘n bietjie na alles rondom jou, al is dit net die stilte. Ek was al baie verbaas hoe hard God kan praat met stilte. Redirect dit wat jy hoor en bring dit - nie na jou ore nie, maar na jou hart. Soms loop jou hart oor van SY planne maar jy het beter planne van jou eie. Die mees suksesvolste besluite wat ek al gemaak het, het as hartsgedagtes by my opgekom. Selfs al het die besluit nie naastenby sin gemaak dan nie. Wees oop om te ontvang, veral vanaf God en moenie skaam of suinig wees om te gee nie. My vriendskap met God is neverending maar dis nog ver van volmaak af. Ek leer elke dag nuwe karakter eienskappe van Hom. Om te sê Hy is grooter as groot en grooter as die heelal is eintlik 'n understatement en ‘n cliché. Om die waarheid te sê dink ek nie mens moet jou kop oor die grootheid van God breek nie. Volgens my is God so groot soos jou hart. Ek luister vir my hart omdat ek glo God praat met my deur my hart.

Maar nou het die coin ook ‘n flipside: Die mens se hart is ook bedrieglik sê God in Jeremia 17:8 en Salomo sê dat mens moet versigtig wees wat in jou hart omgaan want dit bepaal jou hele lewe. (Spreuke 4:23). En nog sê hy waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor (Êrens in Mattheus) (12 vers 34 ek dink).

Jou hele menswees is vervat in jou hart. Hoe jy die lewe benader is opgesluit in jou hart. Jou gesindheid le in jou hart. Jou gesindheid om te sê “ek stel belang of nee-wat ek stel nie belang nie”. Met 'n hart soos Dawid fell ek reuse en ruk leeus aan hulle baarde rond. Jou HART, dís waar jy connect met Hom wat 'grooter' as alles is. Dit wat in jou hart aangaan weerspieël direk wat God in jou oë is en watter soort vrienskap verhouding jy met Hom het. As ek owerspel in my hart het maar elke dag daarmee stry en dit verag, sien God dit raak. Soos Dawid. Berou kom uit jou hart. God sien berou nie as 'n uiterlike manifestasie en trane en ander toertjies en stront nie. Hy sien hoe jou hart skeur en hoe jou hart snik van “ek is jammer Here…, ek ís”. En as jou hart ophou klop sterf jy maar dit wat die “hart” aan jou voorsien het, bly vir ewig lewe!

Blessings uit my hart! 

Weer een van daai dae...


Gister was een van daai dae. ‘n Dag wat van die oomblik dat ek my oë oopgemaak het, onheil voorspel. Ja, ek het ‘n “mood” gehad! Lus om my stem te laat hoor en my misnoë met alles en almal uit te spreek. Elizma en die kinders moes bont staan om my nie verkeerd op te vryf nie. So-by-so dat ek te skaam was om dit aan God te noem as my dag se swakheid. Steeds dink ek Hy gaan kwaad wees. Maar ek vergeet hoe baie Hy al my lewe tot ’n halt geroep het en my net in ‘n ander rigting gedraai het. Ek loop soos ‘n leeu met ‘n seer onderstel rond en soek ‘n stil plekkie. Net 5 minute in gesprek met Hom en ek weet ek sal okay wees. Ek glip gou by die spaar kamer in, en maak die deur toe en sak op my knieë. Twee minute, toe’s als verby. Ek weet die challenges gaan my klaar maak vandag (en dit het!) maar ek het ‘n snaakse rustigheid daaroor wat beter geraak het soos die dag verloop.

Vroe-oggend gesels ek met tannie Koegelenberg by die apteek se deur. Haar hele manier straal mos rus-en-vrede uit. Sy het by my deur verby gestap op die oomblik  toe ek dink ek gaan dit dalk nou verloor. Die 2 minute geselsie was al wat ek nodig gehad het om my te laat dink, “chill, jou dinge is nie so erg nie”. Deur die loop van die oggend sien ek dat ek nog ál die psigiatriese medisyne van ‘n klompie pasiente  in ‘n klein nedersetting, naby Moerlandspan, moet verpak. Hoe is dit moontlik dat enige iemand wat dáár bly OOIT psigiatriese afwykings kan hê? Dis dan so mooi daar, tussen al die granietklippe, so rustig?  Ek raak sommer weer opstandig, want hoe gaan ek nou al hierdie goed gedoen kry voor ek moet waai? My telefoon maak ‘n email geluid! Dis ‘n boodskap  van Pierre. ‘n Soldaat in Irak, ‘n peacekeeper en ‘n man met ‘n hart vir God. Sy boodskap noop my om terug te skryf en weereens, in 2 minute se tyd, net in een laaste sinnetjie, eer aan ons Koning te bring. Vir die tweede keer vandag herhinder Hy my weer deur mense naby aan my – kom net weer terug hier waar jy was, hier by My! Gee My net gou weer erkenning en Ek stuur jou voort.

Saal A het middels aangevra wat slegs onder streng toesig mag uitgereik word. Ek sal dit seker vir hulle moet vat en ai, daar is dan hoeka nie tyd nie. Ek loop toe maar met die parceltjie soontoe. Hulle het sopas ‘n pasiënt gekry wat so geweldadig en van sy trollie af  is dat die polisie gesukkel het om hom vas te hou vir sy kalmeer inspuiting. Hy moet nou in ‘n spesiale reinforced kamer toegemaak word  waar hy eers moet afkoel. Dis een van daai kamers waar die vensters dikker as die Bank s’n is. Maar selfs met die inspuiting klaar in sy agterent, skop hy die deur amper uit sy skarniere uit. Die werkswinkel se manne daag gou daar op en sit hout balke voor die deur om hom net binne te hou sodat hy nie die ander pasiënte en die personeel kan verniel nie. Nou moet die vroue suster, volgens wet, elke sekere hoeveelheid minute sy observasies, soos sy bloeddruk ens. doen en ek dink – dis mos malligheid? Dis mos nie ‘n vrou se werk nie?  Enter – die matrone van die Hospitaal. John. Ja hy is ‘n man en nee, alle matrones is nie vrouens nie. John en ek relate altyd lekker met ons gekrokte knieë. John is ‘n kickboxer en ‘n goeie een daarby! Hy bied aan dat hy eerder by die willeman sal ingaan  en sy observasies sal doen. Ek dog, hier moet ek bly, want hier kom ‘n ding.

John haal die houtbalke voor die deur weg en stap rustig die “strongroom” binne. Ek dink so by myselwers, “willeman – jy moet maar jou wildgheid laat staan want hier word jy gefloor vandag”. John se aksies en woorde daarna sal ek nooit vergeet nie: “Is jy okay meneer? Bring die sleutels, die man is dan nog geboei, ‘n mens kan nie so geboei sit en eet nie. Bring sy kos. Is jy honger meneer? Kom, ek gee solank vir jou kos” en hy begin die willeman te voer soos ‘n baba met ‘n lepel. Die sleutel arriveer en hy sê in ‘n sagte kalmerende stem: “ Ek gaan jou nou losmaak, onthou asb dat ek nie ‘n vrou is nie, so raak nou rustig anders sal ek jou  ongelukkig weer moet vas maak. Verstaan jy wat ek vir jou sê meneer?” Willeman sit en kou sy kos, so mak soos ‘n lammetjie. Ek draai om en in plaas van om teleurgesteld te wees omdat ek nie ‘n bietjie action gesien het nie, is ek verstom. Verstom oor hoe selfs die wildste en heel moontlik besete mens, met kalmerende woorde rustig kan raak. Baie dinge kom in my gedagtes op. Dinge soos hoekom het ek die geweldadige uitkoms hier as die eerste manier van optrede gesien? Is dit dan ‘n man-ding? Wat sou gebeur het as John in daai “strongroom” in gestap het met ‘n mucho-houding en bietjie sy kickboxing geoefen het? Selfs as iemand as jou vyand voorkom kan die teenoorgestelde benadering vir almal soveel meer beteken. Niemand het hier seer gekry vandag nie. Die vroue susters voel veilig én die hospitaal se infrastruktuur oorleef nog ‘n dag! Dit alles deur ‘n man wat gekies het om ‘n situasie op ‘n kalm manier te hanteer sonder om sy manlikheid voor die saal vol susters en nurses te bewys. Daar bestaan geen twyfel by my dat John hierdie willeman sou kon “beheer” as dit moet nie, maar hy het nie. Dis so asof hy seker was dat sy “beskermings meganisme” of secret weapon,  binne in hom altyd daar is vir ‘n noodgeval maar dat dit ook die laaste uitweg sal wees. Well done John! Jy het Spreuke 15:1 vandag in lewende wyse gedemonstreer!!

Dis net na 12hoo en nou moet ek wikkel. Ek moet nou by die kliniek uitkom om my regte werk ook darrem op datum te hou. Om by die hospitaal af te los en my eie werk in te pas, kos nogal balans! Ek spoed voort en skarrel om alles te onthou. As my pen nou val is ek in my glory in laat. Ek haat so ‘n gejaag. Marlene, die sonograaf stap verby en noem sommer net dat sy gesien het ek was by ‘n mannekamp en dat dit baie lekker gelyk het. Sy het dadelik my aandag en om een of ander rede is tyd nie nou meer belangrik nie. Ek vra: “ Hoekom vra jy?” Sy begin vertel van haar man se Mighty Men Ondervinding ‘n paar jaar terug. En daar gesels ons te lekker. Sy loop daar weg met my wat belowe om haar te sê wanneer Harvester  weer ‘n Mannekamp hou sodat haar man kan saamgaan!

Namiddag na werk, is dit warm. Lekker Vredendal-warm. Ek stop by Marinda om die tweeling op te laai en omdat ek tyd het lê ek vir die eerste keer in baie jare weer op my rug op die gras. Sy het seker van die mooiste grasperke wat ek ken. Die kinders dink natuurlik dis “open season” en beklim my omtrent. Selfs Kadri se buletjie, Dirk, is bo-oor my. Kan dit nie maar elke middag so wees nie? Ek dink hoe blessed ek is om te kan doen wat ek nou doen en die hoeveelheid geluk in my hart kan nie gemeet word nie. Ja, dis uiteindelik somer en dis seker die eerste dag in die nuwe seisoen wat ek dit goed dink om bietjie lyf nat te maak in die swembad sodra ons by die huis kom. Dié dat Carla amper nie kon glo toe ek haar vra of sy nie dalk wil swem nie. Hierdie hele winter moes sy net hoor hoe koud die water is en hoe koud dit buite is terwyl sy so graag wou swem. Selfs  Issabella en HW is in die water terwyl ek nie regtig  genoeg moed bymekaar kon maak vir die kouete nie. Ek is verlief op somer. Ek dink - vannáánd gaan ek braai en terugsit en die stiltes van Vanrhynsdorp geniet. Die vlamme vertel weer die dag se gebeure... Ek is vandag goed gecoach. Deur vier verskillende mense wat niks met mekaar te doen het nie. Ek was gewys dat selfs al drift ek weg, dat God ‘n onverklaarbare manier het om Sy grace te laat val, op  tye wat jy gedink het dis onmoontlik om ooit genade te ontvang. Dan, tydens daardie oomblike van onbegryplike grace, kan jy nie anders as om saam te praat en te erken wie REGTIG in beheer is, en te erken dat Hy ‘n awesome God is nie!  


Lank, lank gelede...

Sjeeesh, ek sien nou dat ek in April laas iets hier gesribbel het. Ek moet bieg, die droogte waardeur ek gegaan het sou die 7 maer jare na 'n natjaar laat lyk het. Ek gaan egter nou weer probeer. Sedertdien het daar taamlik baie gebeur en ek voel lus om weer my gedagtes op skrif te sit.
"Verder ekke ek doen dardie Facebook-deng" maar dis vir my moeilik om status updates te gaan herroep as dit moet. So, die blog-ding is beter daarvoor. Dit bly kronologies en alfabeties en maklik opsoekbaar. So kom ons try weer en sien wat gebeur!

Thursday, 19 April 2012

Wag? Vir wat dan nou eintlik?


Ons lees op vele plekke in die Woord die volgende woorde raak: “Wait upon the Lord” en “Renewed strength” maar wat beteken dit vir my? Okay - presies wat dit sê, MAAR daar is iets daar agter wat ek nie kon plaas nie. Gedurende die laaste jaar het hierdie selfde onderwerp weer en weer opgekom tot eweskielik dit net duidelik raak. Ek sê nie dit is wat die skrywer op gesinspeel of bedoel het nie maar dit het die werking van die Heilige Gees aan my gehelp verduidelik.

My Nigeriese vriend, Otonoiyi Samuel se status update op FB was die volgende skrif:

1Petrus5:6-7    - Humble yourselves therefore under the mighty hand of God, that He may exalt you in      DUE time: Casting all your care upon Him: for He careth for you.
                        - Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy  julle kan                          verhoog op die tyd wat Hy bestem het.

Rachel Thlole se status update on Facebook die selfde dag : All things work in God’s time, not yours, so do what you need to do and get out of His way so that He can do His thing!

En dan hierdie enetjie in Jakobus (AMP) oor my gunsteling woordjie “significance”

Jakobus 4:10   - Humble yourselves [ feeling very insignificant ] in the presence of the Lord and He will exalt                   you [lift you up and make your lives significant].

En ek battle steeds met significance. Ek dink die groot probleem is en lê vasgevang in die woordjie HUMBLE. God hou nie daarvan om Sy teenwoordigheid bekend te maak as jy jouself nie humble nie. Op hierdie stadium probeer ek myself significant maak in stede daarvan dat ek wag sodat Hy dit kan doen.  

Waiting upon “what exactly”??
Hier kom JHK in en op die 09/11/11 bespreek hy op sy radio program, Dagbreek, die onderwerp “wag op die Here”

Isa 40:31  But they that shall renew their strength; they shall mount up with wings as eagles; they shall run, and not be weary; and they shall walk, and not faint.

As ons vir God wag soos dit hier in Jesaja staan – waarvoor wag ons nou eintlik? Ja goed, ons wag op God maar wat gebeur die slag as God opdaag? In watter konteks sien ons dit? Okay ons krag sal meer word maar wat beteken dit vir my as my krag meer en vernuwe word? Wat maak ek met daardie krag?

Hierdie stukkie skrif is vir my n baie akkurate verwysing na die geestelike realm soos ek dit verstaan of soos ek dit graag wil verstaan. Het jy al ooit gebid en op ‘n stadium in jou gebed gekom wat jy nie meer weet wat om te sê nie, behalwe “Amen” nie? Nadat jy “Amen” gesê het voel jy so “half gebid” en dat dat jy seker is “daar is nog” maar jy weet nie wat en waarvandaan dit moet kom nie.
Dis hier wat die “wag”-woordjie dinge vir my duidelik maak. Dis net hier, wat jy nie meer weet wat om te sê nie, wat jy moet WAG. Wag geduldig voor jy net “amen” sê. Ek dink dis hoekom ons moet tyd maak om ordentlik te bid. Ek dink dis wat mense bedoel as hulle praat van by God se voete gaan sit. Niks moet jou aanjaag nie en daar moet genoeg tyd wees sodat jy kan ontspan en vergeet van alles (TV, FB, I-net) wat jou aandag kan aftrek. Haal ‘n slag diep asem en raak stil. Probeer aan niks dink behalwe aan die Goddelikheid om jou nie. Jy weet, daai gevoel van iemand wat kyk vir jou as jy alleen is. Die Goddelikheid om en in jou. “Verbeel” jou jy is in Sy teenwoordigheid en jy sê vir Hom jy is vir Hom lief. Imagine hoe dit voel om vir die God van Genisis, Abraham, Isak en Jakob, te sê: “Ek is lief vir U Vader!” Imagine die intimiteit. Imagine aanraking en gevoel en emosies. Dit alles in absolute stilte en eerbied. Nie familiër nie maar met ontsag, respek en tog gemaklik. Dis volgens my “wag vir die HERE”. Hy sal wel opdaag wanneer jy in jou gees met Hom connect. Hy is altemit deur Sy Gees verantwoordelik vir daardie konneksie. Die Heilige Gees is 'n persoon en 'n gentleman. Hy sal nooit op jou inbreek maak sonder dat jy nie daardie konneksie met alles in jou begeer nie. Sonder dat jy Hom nie binne nooi en Hom 'n gerieflike sitplek aan bied nie. En wanneer Hy opdaag sal jy dit weet. Jou binneste vertel dit aan jou buitenste. Jy voel die liefde, vrede en vreugde van Sy teenwoordigheid, dik in die lug. En dis hier waar jy maar verder kan bid. Wat ek glo hier neem die HG jou gesprek oor en tree in vir jou om effektief en akkuraat te bid vir dit en diegene wat regtig nodig is.  

Nou Jes40:31 - Die geestes realm is nie tyd gebonde nie. Daar is nie 'n vandag more en gister nie. Dis asof jy sweef in tydloosheid – amper soos 'n arend wat staatmaak op die wind. Jy kan sweef vir ure solank die wind jou daar hou. Geen haas nie want daar is nie 'n doelwit of eindbestemming nie. Jy is net wat jy op daardie oomblik is. En so sal jy bly en so was jy van die begin af. Daarom kan jy maar hardloop. Omdat jy nêrens heen hardloop nie en van nêrens heen afkom nie - raak jy nooit moeg nie. Gedurende jou gebed nadat die HG vir jou begin intree het raak jy presies so. Geen moegheid nie en dit voel of jy ure kan aanhou bid sonder om moeg te raak en sonder om sonder woorde te gaan staan.

So sê 1Petrus5:6 dan ook so mooi dat ons geduldig moet wees en in nederigheid wag op Hom. God sal opdaag op Sy tyd en jou grootmaak. Hier verstaan ek “grootmaak” ook as geestelik groot. Dit is wanneer jy in die geestelike realm inbeweeg waar jy “groot” genoeg is en op geestelike vlak komminukeer met die Lewende God. Snaaks hoe mens fiesies GROOT voel wanneer die Heilige Gees jou vul. Dis daardie “boldness” wat die disipels ondervind het na hulle met die Gees vervul is. Met hierdie konneksie in plek bestaan daar nie iets soos bekommernisse of vrese of omkyk nie. Dis net jy en Hy. GEES AS EEN. Wow!!

Henriette sê op haar FB status dieselfde dag as Rachel en Otonoiyi,

Filipense 2:13              - For it is God which worketh in you both to WILL and to DO of His good pleasure
                                    - Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om Sy wil uit te voer.
                                     

Ek glo gedurende hierdie intiemste oomblikke tussen God en mens se Gees, gebeur dinge met ‘n defenitiewe doel. Hier bewerk God Sy WIL. Hier word die toerusting uitgedeel. Hier word jy as mens toegerus en bekwaam genoeg gemaak om Sy wil aan te voor en te praat en mense te beinvloed soos dit Hom behaag. Jy het eintlik niks meer hier te maak nie – dis net die Gees en jou GEHOORSAAMHEID aan Hom.  

So - as die Woord sê “Wait upon the Lord” glo ek dat dit ‘n “wagtydperk” vir revival is. Nie net revival in die wêreld nie maar hier naby - in my hart. Dis asof daar elke keer herlewing in ‘n mens plaasvind. Elke keer met so ‘n intieme ontmoeting.

            

Vandag se neukery!

Vandag was een van daai dae! Vir die eerste keer vandat die tweeling gebore is, het my kinders my onder gekry! Dis ook een van daai dae waar niks werk nie, niks is daar nie, niks is in voorraad nie, niks in die bank nie, niks in die tenk nie, niks in die gemoed nie...behalwe dat die gemoed so nou en dan volgeskiet het...

More gaan dit weer beter, ek is seker!  more het ek 'n "pelmet" om reg te maak (en 'n paar besproeings pype wat vandag gebars het!!!) Soja, as ek met my hande (en nie my kop nie) kan besig bly, is die saak JETS!


Wednesday, 18 April 2012

Wat het RERIG Paasnaweek gebeur?


Gedurende Paasnaweek het ek dit goedgedink om ‘n bietjie van ‘n ander perspektief daaroor te kry. Dit het eers by een paragrafie begin en later ‘n hele vervolg verhaal wat ek so “realtime” as moontlik probeer hou het. Realtime in die sin van die gebeurtenisse gedurende daardie 3 dae. Hier volg daardie 3 dae se posts op Facebook. Elke paragrafie is veronderstel om iemand anders uit te beeld en wat hulle gedurende daardie 3 dae beleef het. Van Pilatus tot die algemene omstanders. Ek het so nou en dan gaan rondblaai in die Woord om my feite en chronologie reg te kry – Mattheus was my verwysing!

Donderdag middag:
Só, het julle gehoor?? Hy is nou net gevang. Die klompie manne by hom was toe nou nie so weerstandig as wat almal gedink het nie. Die een ou het darrem getry en toe sommer een van die klomp se oor afgekap! Jaha! Was nogal weird toe die rabbi die ou se oor genees. Mens sou gedink het hy sou homself daaroor verlekker het?? Maar nouja, hy gaan nou kry wat hom toekom. Hulle sal van nou af sy gal vir hom werk...

Donderdag aand:
My liewe magtag man!!! Hou op karring!!! Dis nou net mooi die derde keer dat iemand my lastig val. Hoeveel keer moet ek nog vir julle sê, ek wéét van die ou maar ek kén hom nie. Los my nou uit. Dis koud. Ek wil net my hande by julle vuur warm maak. Een van die omstaanders sê: "okay man. Chill. Ons kon sweer ons het jou in daai groepie gesien." Wel, dit was nie ek nie. Lang ongemaklike stilte volg.... 'n ander bystaander sê: "Jis ouens, is dit al die haan wat daar kraai?" nog n rukkie stilte..."Waar is daai ou nou heen, dit het dan nou gelyk of hy wou huil?"

Vrydag oggend:
Kom kom kom, word wakker ouens. Julle sal moet roer as ons nog iets wil sien. Die mense sê hy is al gegesel en die spulletjie lyk maar naar. Hulle sê dat hulle lanklaas, indien ooit, gesien het dat hulle 'n misdadiger so wreed mishandel voor sy straf. Hy is glo al swak en hulle sê hy sal dit nie tot bo-op die klipkop maak nie. Kom nou, kom ons gaan kyk....

Vrydag midoggend:
Hey jy!!.. Ja, jy!! Wat's jou naam? Kom help 'n bietjie hierso. Staan hier sodat ons die balk op jou skouers kan sit. Toe, toe...move it. Help dra tog net hierdie swakkeling se kruis anders sal ons nooit bo-op die klipkom kom nie. En moenie voete sleep nie, die son trek water. En julle twee? Waarvoor wag julle nou eintlik, vat julle kruise en loop.!! Ons het nie die hele dag tyd nie. Ek hoop al die gereedskap is hier. Hy vra aan sy makker: “Het jy die hamer en spykers gebring? Hoeveel spykers? Okay dit sal doen! Waar is die bittersap? Wie het die bittersap gebring? Kom ouens, dat ons hierdie besigheid agter die rug kry...”

Vrydag middag 2uur:
Ek haat die reuk van hierdie verdomde plek. Nou moet ons nog wagstaan en wag todat hy dood is. Ek wonder hoe lank gaan hierdie donkerte nog aanhou. Dis nou al vir twee ure donker. Dis nogal scary , moet ek bieg. Gelukkig lyk dit darrem nie of die "koning van die Jode" ons té lank gaan laat wag nie...Hy lyk vir my na aan dood....

Vrydag namiddag:
Aaah uiteindelik! Daar gee hy nou sy laaste asem prys. Ek wonder wat het hy net voor dit gemompel? Klink asof hy vir Elia gevra het om hom te help? Ha! Foeitog. Dit sit nogal nie in Elia se broek om jou nóú te red nie koning Jesus!.......
En nóú...wat de joos gaan nou aan???? Dis ‘n aardbewing!!! oooo hel, ons gaan almal vandag vrek! Mag die gode ons beskerm!!!!!.....  
Nadat dinge rustig geword het - "Jong wag so bietjie. Wie is hierdie ou nou eintlik dat hy die son kan uitdoof en die aarde só kan laat skud? Baie het mos geglo en gesê hy is genuine die seun van die God van die klomp jode? Dit kan mos nie wees nie? Hoekom sê my hart dan nou vir my dis waar? O God van die jode!!! , as jy bestaan, wat het ek gedoen??? My hande en klere is vol bloed. As dit werklik U seun hierdie was, as dit hy was, maak my net hier dood ASB! Hierdie dade kan U seer sekerlik nie vergewe nie??? Maak my eerder dood...

Vrydag aand:
Snik' Snik... Snuif... Josef, ons weet nie hoe om dankie te sê vir die graf en linne om Hom in toe te draai nie. Tenminste weet ons nou Hy rus geklee en veilig. Nou dat die soldate Sy graf oppas kan ons seker maar huis toe gaan. Kom Maria, dit was 'n laaang dag. Een wat ek nooit weer in my lewe wil oor hê nie. Mens kan net soveel pyn en hartseer hanteer. Waar is die 12 manne? Ek weet nie jong. Ek dink toe hulle sien wat besig was om te gebeur, het hulle so bang geraak dat hulle hulself eerder maar uit die voete gemaak het. Ek neem hulle nie kwalik nie. Maar ek dink ek weet waar hulle is. Kom ons maak eers daar 'n draai en luister of hulle okay is. Dan wil ek probeer slaap, ek is dood moeg...

Vrydag aand laat:
Jy besef natuurlik jy het hierdie ou vandag onskuldig laat dood maak? Ek het jou dan vertel van my droom? Hoekom luister jy nie vir my nie? – Dammit vroumens, wat moes ek doen? Het jy nie die mense gehoor skree nie? As ek hom nie oorgegee het nie sou ons dalk nie vannaand hier gewees het nie. Dink jy vir een oomblik ek WOU hom oorgee in die hande van daai spul gillende en stokswaaiende mense? Hoekom dink jy het ek my hande in onskuld gewas. Hulle sou ons binne ons eie huis kom keel afsny het. Buitendien, wou hy homself nie verdedig nie. Ek kan nie glo hy het net daar gestaan en al die beskuldigings gevat nie. Dis asof hy op 'n mission was!
Ek weet in elkgeval ook nie hoe de hel ek gaan slaap vannaand nie. Ek is op geworry en ek het hierdie vretende gevoel in my hart dat ek hierdie arme man onskuldig vir die leeus gegooi het!

Vrydag aand baie laat:
Wat dink jy Petrus? Wat gaan in daai kop van jou aan? Sal iemand asb net om hemelsnaam iets sê? Wat as hulle hier inbars en ons almal arresteer? Ek is doodbang... Manne, ons moet vlug, hulle gaat ons almal kruisig. En waarnatoe wil jy dalk gaan? Dis in die middel van die nag en dis vrek koud buite. Probeer net kalm bly en laat ons die ding besin. 
Hoekom wou Hy nie maar net luister toe ons hoeka nie hiernatoe wou kom nie? ('snik,snuif,snik') Nou is dit 'n hengse gemors. Ons beste vriend is sopas flenters geslaan en vermoor en hier sit ons, te bang om selfs iets te sê. 
Kom kêrels, het almal iets geeët en gedrink, dit was 'n lang dag. Ons is nie honger nie. Hierdie knop op die krop van my maag wil nie nou dat ek iets eet nie. Wat dink julle het hulle met Hom gedoen na afloop van alles? Sjeesh ek hoop nie hy hang nog daar nie, môre is Sabbat dan mag niemand Hom mos afhaal en begrawe nie en dit beteken Hy moet tot oormôre daar hang. Ons kan Hom nie gaan haal voor dan nie en even dan as hulle ons sien is dit tickets met ons! Miskien moet ons probeer om te slaap en môre verder hieroor te praat, ek is dood moeg. Slaap?? Vannag?? Yeah right! ...

Saterdag oggend vroeg:
Jinne maar vanoggend is dit ekstra koud!!! Brrrr.... Wil iemand my nie net ASB met 'n koue bak water gooi en sê dat gister net 'n nare droom was nie. Ek dink nie ek wil opstaan vandag nie. Ek wil net hier lê. Sommer net die hele dag lê en huil. Wat gebeur nou vorentoe? Alles wat Hy gesê en gedoen het was dan so real. Dit het dan so baie mense se harte en denke verander en nou...nou is Hy weg...vir altyd. Ek huil sommer weer. Hy het altyd tyd gehad vir almal. Selfs ons as vroue en ons kinders was nie vir Hom 'n las nie. Ek gaan Sy menswees sooo ontsettend baie mis. Ai Jesus, wil jy nie asb terugkom nie? ASB ASB ASB...

Die volgende paar paragrawe  is gedurende Saterdag geskryf vir refleksie op die vorige 2 dae!
Is hierdie nie die plek waar hy so baie mense kos gegee het nie? Jip, dis einste hier. Was jy by? Hahaha. Ek sê jou dit was 'n huge wonderwerk. As ek moet skat sou ek sê hier was omtrent so 4000 mense. Vrouens en kinders uitgesluit. Soos ek Hom geken het wou hy nie hê ons moes met leë mae huistoe gaan nie. Nou waar het Hy dan soveel kos vandaan gekry? Ha! Dit was sooo cool! Hulle het 'n seuntjie met 'n paar vissies en 7brode in die hande gekry. Man, voor jy kon sê "piesangslaai" het ieder en elk 'n stuk brood met vis daarop, in die hand. Ek sê jou, nie net het Hy die mense se harte gevoed daardie dag nie maar in true Jesus-styl, elkeen met 'n vol maag huistoe gestuur. Daai ou het 'n geniune hart gehad hoor. 'n Hart vir mense. In my lewe het ek nog nie iemand gesien wat soveel vir mense omgegee het soos Hy nie. Hy was real! Yup en nou...nou is hy nie meer met ons nie. Die Klomp bastards wat hom moes doodmaak...weetjy. Hy het mos niks verkeerd gedoen nie? Hulle maak my uit my maag uit naaaar.

‘n Kennis van die 11 manne: “Hoe voel julle klomp vandag?” Sjeesh, nie veel beter as gister nie. Ons ly steeds aan skok man. Die Kennis: “Ek glo julle, ek weet net julle kan bitter bly wees julle het nie die hele ding gesien nie. Het julle geweet dat hulle...” NEE STOPIT MAN! Ons wil niks daarvan hoor nie. Hoe lyk die gemoedere daar buite? Kennis: “Nee wat, dis so kalm soos n woestyn-palm. Julle ouens kan maar gesig wys. Ha!! Ek dink bv. glad nie so nie. Ons weet nie of ons moet bid of panic of kom of gaan nie. Kenis: ”Hoekom? Die klomp blikskottels het mos nou hulle sin gekry?” Jaja maar ons was Sy 12 (nou 11) beste vriende. Wat dink jy gaan hulle met ons aanvang as hulle ons kry? Kennis: “Phhhff...ek dink hulle is nou eers genoeg bloedorstig gewees.” Julle moet nou net nie staan en verder aangaan met hierdie predikinge nie want dan sóék julle vir strooi en gáán julle op julle glory kry. Hoor julle? Ons weet nie daarvan so lekker nie...Al is Hy dood, is dit net asof iets vir ons sê "dis nog nie die einde nie"


Howzit-howzit, ek hoor ek het GROOOT sports gemis gister? Waar de hel kom jy nou vandaan? Ek het so bietjie visgevang en toe sommer op die boot gekiep. Hoe lyk julle dan só? Lyk of julle 'n spook gesien het. Kom, kom. Gooi daar 'n dop dan vertel julle my al die gory detail. Was dit daai Jesus-ou waarmee hulle so gemors het? Haha. Hy het mos maar daarvoor gesoek. Wat is julle so stil..wat gaan aan? Nog stilte....Daardie "Jesus-ou" was 'n bietjie meer as wat ons almal gedink het - ou! Daai "ou" het toe al die tyd die waarheid gepraat. Daai "ou" is 'n beter mens as die hele spul van ons in hierdie kroeg. Hy het selfs tot die dood toe volgehou dat Hy die Seun van God is. Aaaahhh bull man! Gaan julle nou soft raak op my?? Julle sit hier en sulk oor iemand wat twee dae terug vir julle NIKS beteken het nie. En nou?? Nou skielik is hy ALLES!? Ek loop eerder. Ek sal eerder op 'n ander plek 'n knerts gaan maak. 'n Stem van agter af - "Wag eers" "moenie loop nie". 'n Ander stem - "Los hom" "ek het 'n gevoel die waarheid gaan hom vind, al soek hy dit nie...”


Ek het gou nou daar 'n draai gaan maak. Die wagte is nog in plek. Hulle sê daar was nog geen teken van enige mense óf moeilikheid makers nie. Ek is net geworry dat daai klomp Jode sy liggaam sal kom wegdra en dan sê hy het kamma kastig opgestaan. Ek dink nie ons hoef bekommerd te wees nie. Die "koning van die Jode" sal nêrens heen gaan of verdwyn nie. Daarvoor sal die wagte sorg. Ons gee dit so 'n week dan sal die hele storie oorgewaai wees. Ek is bly dis nou verby. Ek hoop ons het nou 'n voorbeeld van hom gemaak en dat hierdie tipe ding nie weer sy kop sal uitsteek nie. Ons kan nie toelaat dat ouens soos hy ons outoriteit ondermyn nie...

Ek kan nie nou help om skielik te glimlag nie. Wat is so snaaks? Onthou julle toe Hy daai keer die blinde ou gemaak sien het. Ek het eers gegril vir die spoeg/modder mengsel wat Hy in sy hand gemeng het en toe op die ou se oë smeer. Maar toe ek daai ou se uitdrukking sien toe sy oë oopgaan...priceless! Hy het amper bo-op Jesus gespring. Haha. Hulle twee het omtrent 'n blydskaps dans gedans! Ek weet nie wie van julle gesien het nie, maar die cherry op die koek was toe die ou daar weg loop, gryp Hy hom aan sy arm en trek hom saggies nader. Ongesiens prop Hy toe 'n broodjie in die arme ou se lapsak en wys met Sy vinger dat hy moet sjuuuuus asof dit 'n geheim tussen hulle twee was. Dis sulke goed wat ek gaan mis. Nie die obvious groot goed nie maar dis daardie klein dingetjies...

Ha! Nee wat! Die pitts was daai aand met die storm en ons in die boot. Dit sal ek nie sommer vergeet nie. Ek dink ek was tóé banger as vannaand. Ek het weer al Sy stories geniet. Elkeen van hulle het altyd reguit in my hart ingepraat. Baie dinge in my lewe het verander agv van dit. Ek moet sê, dit het my weer in die begin bietjie gepla dat Hy soms met die los girls en geldwolwe en low-lifes wou uithang. Maar dit was asof Sy teenwoordigheid tussen hulle, net onverklaarbaar hulle harte verander het. Nou praaajy! Dit was nou vir jou Jesus daai. Jy kon Sy spoor vat met al die mense wat hy gesond en getroos agtergelaat het. Ek wonder hoe lank sal mense nog van Hom sal praat voordat Hy ook maar net 'n gedagte sal word? Ek hoop môre is 'n beter dag...

Sal jy more oggend vroeg saam my graf toe stap sodat ons Sy liggaam met die kruie en olie kan gaan balsem asb? Ons moet kyk om sommer voor ligdag daar te wees! Sure Maria. Ek hoop ons kry die klip weggerol. Ek dink die wagte behoort ons darrem daarmee te kan help...

Sondag oggend baie vroeg!
Dis ons! Maria en Maria (M&M). Maak gou oop ons het great nuus. Die 11: Kom gou in, wat is dit? M&M: Jesus lewe! Ons het Hom nou net gesien! Die 11 manne: Julle yl mos nou? Hoe laat het julle gaan slaap? 2dames: Okay - Hier is wat gebeur het...(vertel hulle die hele storie) Die 11 manne: Dit klink amper te goed om waar te wees? But then again..Hy ís Jesus en met Hom is enige iets moontlik. Waar het julle gesê moet ons Hom gaan soek? Galilea? Kom ouens. Kom ons glip sommer dadelik soontoe..(dit wil ek darrem eers met my eie oë sien...)

Sondag laat oggend:
Roer julle agterente ouens! Ons is amper daar. Hooohaa! Ek is so opgewonde ek kan nie my lag hou nie. Besef julle wat die implikasies daarvan is AS Hy genuine lewe? NEE PETRUS, verlig ons bietjie met die feite? (sarkastiese ondertoon). Magtag, jy het nog nie opgehou babbel vandat ons uit Jerusalem weg is nie. Konsentreer bietjie op die pad en hou op giggel. Okay ek sal ophou maar ek sê julle, hier kom iets groooot! Ek voel dit aan my rok se pante. Grooter as wat ons dink. Ooo jimmel (vryf sy hande vinnig soos 'n honger man teen mekaar) HUGE MAN HUGE!!!! Die ander: "ha! Sug, tsk tsk tsk!" "los hom...hy is op sy eie missie, moenie sy opgewondenheid spoil nie, ek geniet hom nogal in so opgeruimde bui. Hy geniet vir Petrus: Hehehe en hy dink..."Jesus, jy beter lewe, nie net vir Petrus se onthalwe nie maar my gut feeling sê die hele mensdom wag net hiervoor...

Sondag namiddag:
Ek is sonder asem en sonder woorde. Te midde van die vrees in my hart is daar 'n snaakse rustigheid wat alles oorskadu. Noudat ek weet Hy leef, weet ek, alles sal okay wees. Wie weet wat die tyd wat voorlê, inhou? As die dood Hom nie stil gemaak het nie, wát sal dan. En ons? Moet ons dan regtig so beangs wees? Moet ons regtig te bang wees om net te sê: "Ja - ek ken Hom! en "Ja Hy is my beste vriend" en "kom ek vertel jou wie Hy regtig was?" En skaam? Moet ons skaam wees? Waaroor? Vir die feit dat ons vry kan wees? Vry van alles wat jou hart in 'n kopklem het? "Bang" en "skaam" is sommer net aanwensels. Wat hierdie afgelope 3dae gebeur het behoort hierdie 2 woordjies heel uit enige Christen se woordeskat uit te skuif. Ons kan as te ware onbeskaamd, nie bang wees nie!...

Sondag aand:
En nóú??? Vir wat staan jy hier rond met jou uniform in jou hand? Het jy nie 'n regement om aan te voer nie? Soldaat: “Ja ek het. Maar ek het ook iets om te sê - noudie dag, by daai kruis...” Sy makker: “Vergeet nou om hemelsnaam van "daai" kruis. Jy het 100de van hulle op daai klipkop staan gemaak! Wat maak hierdie een skielik só anders?” Die Soldaat:”Jy sien, dis hoekom ek hier is. Jy is tog reg, hiérdie kruis het nie vir my méér as al die ander beteken nie...dis die draer daarvan... Dis Hy wat my tickle. Jy weet, ek is 40 jaar oud. Ek het in al hierdie jare nog nooit so lewendig gevoel soos daardie oomblik toe Hy sy laaste asem gegee het nie. En weet jy wat? Ek het skielik ook sommer moeg geraak. Moeg geraak daarvoor om mense stadig en pynlik te sien doodgaan. Ek dink ek wil vir die volgende 40jaar sien hoe mense lewend raak! Ek het baie gehoor van hierdie Jesus voor ek hom teen daai houtbalk vasgekap het. Ek het gehoor hoe Hy mense 'n nuwe lease op die lewe gegee het. En DIT, is wat ek wil doen. Die makker: “Bwahahaha! Jy, van alle mense?? 'n Bloedorstige suiplap? Mense help en gesond maak??? Moenie dat ek myself vrek lag nie man!!Hahaha!....” Soldaat: “Hmmff, jy kan maar lag, maar dit is nou só! Dis wat ek wil doen. So hier is my swaard en spies en my panser! Ek gaan hierdie Jesus opsoek en Hom begin volg.” Makker: “ WAT?? Seriaaz nou? Hys dan begrawe man?” Soldaat: Ha! Nogal nie! Ek hoor hy is so lewendig soos ek en jy boet! Spring lewendig! Ek hoor ook dat sy volgelinge ORAL hierdie boodskap verkondig. Só, ek gaan hulle join en wie weet miskien ontmoet ek Hom dalk net wéér, en dié keer is ék op my knieë voor Hóm! .....Makker: “Jy's rêrig ernstig né?...” Soldaat: “ Yup!”.... Makker: “Ek kan sien jyt verander boet....” Soldaat:  “Nou toe - niks keer jou nie, hoe lykit? Gee in jou goed en join my?...” Makker: Hehehe nee ek weet darrem nie, gaan jy maar. Ek weet elkgeval niks van hierdie Jesus af nie. Soldaat: “Nou maar ek ook nie regtig nie maar my gut sê vir my Hy sal alles organise! Ek moet nou eers groet - Gee my 'n druk! Ek gaan jou mis man! Sien jou!.......” (laaang stilte volg terwyl sy makker wegloop...) Hey wag...! Ek dink...ek dink ek wil dit 'n "go" gee. Soldaat: “Noutoe kom. Trek uit daai uniform en kom NET SOOS JY IS! Ons sal nie spyt wees nie...”

Iets om oor na te dink: Enige goeie storie het altyd of 'n vreeslike tragiese einde of een wat jou met 'n smile die boek laat toemaak en dink: "dit was nou 'n bevange storie"! In die regte lewe werk dit so te sê presies net so. Jou lewe eindig of tragies of met 'n smile. Die wonderlike ding hier is, dat jou keuses hoofsaaklik hierdie einde bepaal. 'n Mens kan mos nou sê: "wow daai ou het uitgegaan met 'n bang! 'n Vol lewe gely en al die regte goed gesê en gedoen" Maar niemand behalwe hy en God weet wat rêrig in sy hart aangegaan het nie. God sê dit so mooi in Sy woord dat die menslike hart bedrieglik is. Bedrieglik vir ander maar nie vir Hom nie. Jóú keuse gaan op die ou end van die dag, in jou hart lê. Kies jy reg - lê dit nie daar en vrot nie, dit ontkiem en groei en word iets besonders. JY word iets besonders. Jy word en groei na die mens wat jy oorspronklik veronderstel is om te gewees het, soos God jou beplan het VOORDAT die wêreld jou beet kon kry. Die teenoorgestelde keuse gaan lê ook in jou hart. Maar hierdie keuse raak septies. Dit sweer todat dit later wil oopbars. Hier is geen salf aan te smeer nie. Máár, dis nie waaroor hierdie storie gaan nie. Hiérdie storie laat skop 'n keuse vir die lewe met Jesus, in aksie. Alles hoef nie noodwendig tot niks te kom nie. Daar ís lewe as 'n Christen. En dis níe so bad soos wat almal sê nie en nee, hulle is verséker nie almal perfekte mense nie. Hoe voel jy vandag in jou hart? Waar lê jou keuses? Is jou keuse gegrond op wat ander kan sien van buite af of wat hulle kan lees op jou status update? Of, is jou keuse eerlik en opreg gegrond in jou hart? Wat hierdie laaste 3dae gebeur het, maak jou eerlike en opregte keuses 'n reality! Dis hoekom Sy naam Jesus is. Dis hoekom Hy hier was en dis hoekom Hy steeds harte verander, om LEWE te gee!

Monday, 26 March 2012

Die vraag is nie het jy lief nie maar hoe het jy lief?


Ek moes eenmaal luister na iemand wat twyfel aan sy liefde vir sy vrou. “Ek is nie seker of ek my vrou liefhet soos wat die bybel sê ek moet nie” was sy woorde. Hy het na my gekyk vir raad maar my antwoord hierop het my bietjie laat dink.

Daardie dag toe ek my vrou gekies het was dit nie op grond van die fisieke nie maar op grond van die feit dat ek geglo het dat God gesê het sy is die een. Ek het oor my verhouding met haar gebid en gevra wat ek moet doen. Ek was onseker. Daar was duidelike redes om my te laat terug deins veral omdat ek straks uit ‘n egskeiding gestap het en myself belowe het NOOIT weer ‘n huwelik nie. Ek het my fair share van die huwelik gehad. My drome oor kinders sal dan maar ook nou eers moet bly. Heel anti-huwelik! Maar my antwoord was duidelik – “sy IS die een!”

Sover my gebrekkige woord of bybel kennis strek beskryf God se woord presies hoe ‘n man sy vrou moet lief hê. In Efesiërs 5 staan dit duidelik dat ‘n man sy vrou moet lief hê soos wat Christus die kerk lief gehad het en dan ook so lief soos wat hy sy eie liggaam het. Ook gee die woord ‘n duidelike beskrywing van hoe liefde is. In 1 Kor 13 word daar mooi beskryf watter eienskappe die liefde het.

Maar nou weet ek ook dat toe die bybel geskryf is het die grieke die woord “liefde” in ‘n besonderse manier gebruik het. Daar is nie minder nie as 4 verskillende tipes liefde wat in die griekse taal onderskei word. So wanneer ‘n mens oor liefde in die bybel lees moet jy eintlik baie mooi gaan seker maak van watter liefde hier gepraat word. In Afrikaans en Engels is liefde gelyk aan liefde. Maar in grieks is dit ‘n heel ander storie.

Daar is vier woorde wat in grieks gebruik word om liefde te vertaal en kan as volg uiteen gesit word:

  1. Phillia liefde                - Liefde tussen familie, broederlike liefde, liefde vir “close” vriende
  2. Eros Liefde                - Intieme of romantiese en seksuele liefde tussen 2 mense aangetrokke tot mekaar
  3. Storge Liefde              - Liefde “affection” of “fondness”
  4. Agape                          - Goddelike “selfless” liefde
Ek wonder nou al geruime tyd oor wat die bybel sê oor “eros liefde”. Noem, beskryf en maan die bybel oor hierdie tipe liefde waarmee jy jou vrou (en niemand anders nie) moet liefhê? Na ‘n internet soektog het ek nogal ‘n hele paar interessante feite teë gekom (of dit alles waar is weet mens mos nie aldag nie). Onder andere dat die bybel geensins melding maak van “eros” liefde nie. Die boek Hooglied beskryf duidelik die liefde wat soos  “eros liefde” klink maar dit noem dit nooit só nie, ook sê dit nie “dis hoe man en vrou mekaar behoort lief te hê nie”.

Wat my nogal onkant betrap het en interessant is, is dat Eros, ‘n god uit die griekse mitologie was. Hy was die seun van Afrodite (godin van liefde) en Ares (god van oorlog). My vraag is nou: Kan die benoeming en koppeling van “eros” aan die liefde waarvan ons in die bybel lees, reg wees? Dit laat my wonder of eros hoegenaamd ‘n plek het as dit by die bybelse beskrywing van ‘n huwelik en die liefde tussen man en vrou kom? As dit nêrens in die Woord opgeteken is of genoem word nie maak dit my senuweeagtig. Kan dit wees dat “eros” liefde bloot uit die grieke se wellustige en beheptheid met die seksuele ontstaan het? Kan dit wees dat  dit (eros liefde) nie oorspronklik enige plek in die geskiedenis van menswees het nie? God het vir die man ‘n helper gemaak wat hom moet help om onder andere te vermenigvuldig. En die man moet vir hierdie helper lief wees. Maar hoe? Hoe moet ek as man my helper liefhê?

So lief soos Christus die kerk lief het
Volgens Efesiërs 5:25 moet mans hulle vrouens liefhê soos Christus die kerk lief gehad het! Wat beteken dit? Dit beteken tog nie Christus smag op ‘n eros manier na die kerk nie of na ons wat die kerk is nie? Dat dit ‘n agape en phillia tipe liefde is waarmee hy die kerk liefhet maak mos meer sin. So as Paulus sê dat die mans hulle vroue soos in Efesiërs 5:25 moet liefhê is dit mos met ‘n phillia en agape liefde?

So lief soos vir jou eie liggaam.
Paulus sê in Efesiërs 5:28 dat jy jou vrou moet liefhê soos jou eie liggaam. Dit beteken vir my die volgende: As ek my eie liggaam liefhet, is dit nie met ‘n eros liefde nie. (Dit sou ‘n klompie nare dinge impliseer…) Om my liggaam lief te hê, is om die “vessel” wat my gees in hierdie wêreld huisves, ten alle koste te beskerm. So die “body” of ‘entity” wat my gees gebruik om in te bly, moet ‘n geskikte en perfekte plek wees om die gees te transport. Ja mens kan seker sonder ‘n liggaam klaar kom maar nie in hierdie wêreld nie. In die geestes realm ja. (Tensy jy natuurlik een van hiedie astrale projeksie toertjies kan doen en ‘n ewigheid daarmee volhou).

So my liggaam is van kardinale belang om my wedergebore gees of nie-wedergebore gees te dra deur die wêreld tot die dood. Ek sal ten alle koste dus probeer om my liggaam te beskerm en op te pas om so dus my gees se blyplek te beskerm. Die “veg of vlug reaksie” wat te sien is tydens ‘n noodtoestand waar ‘n mens of sal veg of sal vlug om sy lewe te beskerm of dan, sy gees se “body” aan die lewe te hou! Jy het natuurlik ook die keuse om NIE na jou liggaam te kyk nie. Wanneer jy jou liggaam doelbewus skade aan doen soos om dit af te skeep en te rook en dit met alkohol te verdrink stel jy dus jou eie gees bloot aan die moontlikheid om sy huis te verloor agv bv. ‘n ongeluk of siekte. (Is dit nie waar die gesegde “Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees” vandaan kom nie?)

Onthou nou dat die woord sê jy en jou vrou sal EEN word. So jóú liggaam is haar liggaam en haar liggaam is joune! Só, om na jóú eie liggaam te kyk en dit te beskerm en te vertroetel, is om altemit na haar liggaam ook te kyk en op te pas - dus het jy haar so lief soos jou eie liggaam.

Waar kom “eros” dan in die prentjie?
My enigste verklaring vir waar “eros’ dan vandaan kom is dat wanneer ek my vrou op so ‘n manier lief het soos hier bo beskryf staan, kan dit amper nie anders as om “eros” voort te bring nie. Die probleem wat ek egter hiermee het is dat Jesus NIE “eros” liefde gevoel het vir Sy kerk en for that matter vir enige ander mens nie. As Hy sou – is dit elkgeval nie opgeteken nie!

Ek wil om hemels naam NIE die belangrikheid van “eros” liefde wegmaak nie. Behoed my! Maar my boodskap aan jongmense is dat “eros” liefde, heel laaste op die lys moet staan wanneer jy na ‘n vrou kyk om oor die drumpel te dra! As ons dit hou soos die bybel dit voorskryf moet ons baie mooi gaan kyk hoe ons ons vrouens moet liefhê. Eros liefde vervaag oor die jare en soos jou liggaam oud word, terwyl die ander tipes liefde gewoonlik meer intens raak. Mits dit natuurlik WARE liefde is. Indien hierdie ware liefde nie meer intens raak en groei nie, kan jy maar seker wees dat die verhouding op die verkeerde liefde nl. “eros”, gebou is en NIE die liefde wat jou ‘n ewigheid hou nie!

So my vraag is: Kom “eros” liefde werklik van God af of is dit die term wat gebruik word vir iets wat sy kop uitgesteek het na die sondeval? Is dit nie dalk ook een van die dinge wat die mens reggekry het om heeltemal te verdraai en te mismaak nie? Ek wonder baie hoekom het Adam en Eva nou eintlik skaam geword oor hulle naaktheid na die sondeval? Het dit nie dalk iets hiermee te doen nie? Die liefde wat aan hulle voorgehou was deur satan, was toe nie die “devine love” nie, dit was toe al die tyd “eros love”…

My laaste vraag: Hoekom is dit juis “eros liefde” wat veroorsaak dat so baie huwelike tot niet gaan? Dink gou mooi daaroor, as iemand binne die huwelik verlief raak en lief raak vir ‘n ander persoon buite hulle huwelik en seks sou hê, is dit heel moontlik “eros” waarvan ons hier praat. Die ander liefdes tipes sou mos nie dieselfde vrug afgee binne ‘n huwelik nie? As ek iemand liefkry met ‘n agape liefde en phillia liefde al is dit buite my huwelik sou dit steeds uitloop op owerspel? Sou WARE Goddelike liefde só iets doen? En as ons sê dat dit wellus en seks is wat die oorsaak is – seks en wellus spruit mos uit eros liefde nie die ander liefdes tipes nie?
Miskien verstaan ek die HELE EROS-LIEFDE-KONSEPT TOTAAL verkeerd! Miskien is my vrae nie so relevant soos ek dink nie. Miskien redeneer ek sonder om regtig daaroor na te dink. Ek hoop iemand lees hierdie skrywe en dink nugter daaroor na en kan na my toe terugkom en sê: “ Dis nie heeltemal so kompleks as wat jy dit maak nie! Dis actually heel eenvoudig…die Woord van God sê…”

Sunday, 18 March 2012

Wysheid is...?

Wysheid is 'n woordjie wat baie keer koppe laat krap. Wat is dit regtig? Wat beteken dit om wys te wees? 'n ou man van die indiaanse Maya gemeenskap het die volgende daarvan gesê: (en ek vertaal in my beste afrikaans) "Om die ware wysheid te hê is om dinge so eenvoudig moontlik te hou. Hê lief, hê respek vir iemand anders, maak nie saak of hy 'n dronkie op straat is of sommer net hou daarvan om blou hare te hê nie. Hê net bietjie geduld met situasies om jou. Deel bietjie uit rn gee as jy het om te gee. Voel dankie in jou hart, of jy nou gee en of jy ontvang. En my persoonlike favourite = vergewe. Moenie met alles te na gekom voel nie. Vergeet bietjie vir eens dat alles nie net om jouself draai nie. Daar is 'n spreuk wat lui en menigte nie-christen en bybelse manne het dit al gesê: "find your heart and you will find the way!" En ja, dit staan ook in die bybel. Salomo het dit ook gesê.

Interesting thought...


Mark Driscoll once said: "In our godless world, the entire process is inverted and has subsequently
caused much trouble. Young men continue to live at home, freeloading off
their parents as boys who can shave, while they have sex with girlfriends that
they one day may shack up with, and use birth control to prevent pregnancy or
abortion to murder their own child because fools see children as a burden and
not a blessing."

Thursday, 08 March 2012

Iets vir Carla!



Mens wonder soms waar jy jouself in haar gedagtes bevind.
Sy vertel graag storietjies oor haarself as babatjie-kind.
(Haar onskuld laat my soms aan Heidi en Peter dink.) 
Dit wat op haar hartjie lê is presies net wat sy sê.
Luister maar fyn,
haar woorde is baie akkuraat, vir iemand so klein.

Met sagte ogies en vleiende wimpers, daag sy jou uit
en wanneer sy slaap, soen ek haar saggies op haar lippies wat so tuit.
My soentjies maak haar nie wakker nie, maar my fluister, hoor sy wel.
“Ek is lief vir jou, pappa se prinses” dis al wat ek haar wil vertel.

Soms is ek dalk onnodig kwaai en my hart afwesig as sy praat,
“Pappa kan ons nog ‘n bietjie TV kyk”, al weet sy dis ‘n bietjie laat.
Jy kan haar omkoop met enige iets wat soet is
en ‘n braaivleisie peusel sy van die been af, asof dit ‘n móét is.

Annie Patat sê vir haar Carlapper 
‘n opgeruimde naam, dis gewis
Sy is almal se favourite
Sy is almal se liefling
Carlappertjie - dis net wie sy is

Op haar eie moet sy wakker word, dit is ‘n moet,
Enige ander manier as dit, moet sy verkieslik nie ‘n nuwe dag begroet.
Haar sagte handjie hou myne vas, voor ons gaan slaap
en as sy eers knus in my arms lê of selfs net aan my raak,
kan ‘n bangmaak-ding maar kom, “my pappa is hier, niks maak nou meer saak!”

Musiek en sy is vir mekaar gemaak
met trippelende voetwerk laat sy enige deuntjie praat.
Op die maat van MusicBox dancer, gee sy my ‘n knop in my keel,
so op haar toontjies, maak dit my die liedjie weer en weer speel.
‘n Fraaie prinses wat draai en draai en draai…
En hoe wyer haar rokkie uit kan swaai,
hoe grooter haar glimlaggie of sommer net ‘n uitbundige lawaai!

Annie Patat sê vir haar Carlapper 
‘n opgeruimde naam, dis gewis
Sy is almal se favourite
Sy is almal se liefling
Carlappertjie - dis net wie sy is

Komplimente oor my mooie kind
sal jy oral waar ons saam is, gou-gou vind.
‘n Blykie van liefde uit God se hand
Dis wie Carla is. My meisiekind!

Wednesday, 07 March 2012

Die HERE is my "co-driver"



(‘n Psalm van ‘n rally ryer)

Ek jaag verbete hierdie resies, gee pad daarvoor – pasop!
Ek drift tussen bome en klippe deur
en die stof staan verwoed uit die grondpad uit op.

Haarnaald en blinde draaie skrik ons nie af.
Steiltes en opdraendes is vir ons niks.
Want op U aanwysings vertrou ek Here, al dink ek: “nóú is dit tickets”

U laat my stuur – wyd rondom slaggate, deur ‘n doringbos.
‘n Rivier lê wyd en breedt maar ek is vreesloos en gear nie af,
My co-driver het gesê “dis okay”
toe trap ek daai petrol en ek gee hom gas!

En wanneer dit rof raak en die wiel is pap
Sal U nie in die kar bly sit, of die deur toeklap
eerder sorg dat ek die regte tools het om die wiel te ruil.
En die wielspanner by my oorvat as ek lus is om te huil.

Ons klim vol stof en ghries terug in die kajuit
Giggle saam oor ons benoude oomblikke toe ek die kar aansluit.
Sy instruksies volg skielik so duidelik, so akkuraat
En dis al wat vir my nodig is om daai V6 te laat praat.

Met die wenstreep in sig wil ek Sy hand gryp en triomfantlik waai
En sommer uitbundig van blydskap “yeeeehaaaa!!!” uit my maag uit kraai
Maar toe ek afkyk sien ek iets wat my skaam laat kry 
Dis toe allie tyd Hy wat die ou karretjie so vernuftig ry!


Sunday, 04 March 2012

Something's missing...


Daar is ‘n vergelyking vir die lewe. Wiskundig nou. Iemand wat al wiskundige vergelykings gedoen het sal weet: links moet balenseer met regs anders werk die vergelyking nie. ‘n Skaal weeg links met regs en as die een kant swaarder as as die ander – balenseer die skaal nie.

Die laaste 3 maande of so balenseer my skaal nie. Iets is missing en die ding val die heeltyd eenkant toe. Verkeerde kant toe. Daar is ‘n secret ingredient waarop ek nie my vinger kan plaas nie. En dis nie iets groot nie, dis baie klein. Dis asof daar net iets simpels soos ‘n donsveertjie kort om die toertjie te laat balenseer.





Die bybel is vol geskryf oor wysheid en hoe dit aangewend moet word om ewewig te bereik. Maar nie almal lees bybel nie. En sommige lees bybel maar kry niks daaruit nie. En sommiges lees net om te sê: “ek lees elke oggend en elke aand bybel” Ha! – en sommige lees bybel as ‘n susmiddel as hulle nie kan slaap nie.

Gelukkig is daar ander maniere om die pad met wysheid te kruis. Om die waarheid te sê jy hoef nog nooit eers van die bybel te gehoor het om wysheid te verstaan nie. Dis iets ontsettend eenvoudig. Dis so eenvoudig dat ongerepte indiane in die diepste oerwoude dit verstaan en toepas. Hoekom moet ons by mense wat “onbeskaafd” is leer oor wysheid? Of wie is nou eintlik die onbeskaafdes hierond? Waar het die fout gekom? Waar het die fout gekom tussen “in die woud leef” en skielik in die beskawing gedompel word. Hoekom is dit dat “wilde” indiane die konsep van wysheid toepas en ons “beskaafde” mense dit nie verstaan nie?

‘n Ou Maya gerespekteerde (‘n indiaanstam van SuidAmerika) het die volgende gesê oor wysheid: “The greatest wisdom is in SIMPLICITY. Love, respect, tolerance, sharing, gratitude, forgivness. It’s not complex or elaborate. The real knowledge is free. It’s encoded in your DNA. All you need, is within you. Great teachers have said that from the beginning. Find your heart, and you will find your way.”

Kan dit wees dat hierdie indiane God beter ken as ons? En weet hulle ooit dat hulle God ken? Die wysheid waarvan hy hier praat is in ons in geprogrammeer ten tyde van die skepping. Die dag toe God besluit het op die konsep van “mens”en die blueprint daarvoor uitgerol het, was dit die kern van Sy ontwerp. Om Hom en mense om ons lief te hê, te verdra te vergewe en altyd dankie te sê aan Hom wat ons ontwerp het en in die lewe ingeblaas het. Mens is jy mens, of jy nou ‘n wilde indiaan of Donald Trump is. Jy share dieselfde DNA. Daarom het ongerepte mense ook wysheid. Omdat dit ingeprogrammeer is. Dit is dus nie nodig om net bybel te lees om wysheid te bekom nie. Die DNA om wysheid te omhels is reeds daar. En deur jare se ondervinding van dit wat om jou aangaan maak jy jou besluite en se jy jou segge omdit so wys as moontlik te hou. Die ander kant is ook natuurlik waar. Mense kies soms om die voorbeeld van die onwyses te volg omdat dit op daardie oomblik “lekker” en “in” lyk. Jy sal omtrent 99% van die tyd die negatiewe gevolge dra van onwyse besluite.

Wilde bebosde indiane laat my dink aan hoe dit heel in die begin moes wees. As natnuwe mense moes Adam en Eva seer sekerlik nie eers gekonsentreer het om wys te wees nie. Dit was net eenvoudig deel van hulle menswees. Die eenvoudigheid van hulle verhouding met God moes iets ongehoords gewees het. Dit moes die tipe verhouding gewees het waarna miljoene “so-called” christene deesdae na smag maar nie by uitkom nie agv onwyse besluite, en niks anders nie as groepsdruk. Hierdie twee dinge kompliseer die wereld en jou verhouding met God radikaal! En by groepsdruk sluit ek die satan en bosemagte in. Mense vra nie meer vrae nie. Mense leef net. Mense wil nie meer weet van hoe hulle moet maak nie. Mense wil nie gesê word nie. Almal doen sy eie ding. En kerke ook for that matter. Elkeen glo dat hy in die waarheid glo!

Okay – Adam en Eva: ek wil hulle vir ‘n oomblik met wilde diere vergelyk. Of nee, dit klink te veel Darwinisties… Okay – kom ons bly met wilde indiane:
Hulle dagtaak bestaan uit opstaan wanneer ‘n mens veronderstel is om op te staan – wanneer die son opkom (as dit lig is) anders sou ons darrem seker met “night vision” uitgekom het. Daar is nie sprake van “ons MOET half sewe ry anders is ons laat vir werk nie”  Die omgewing bepaal wanneer hulle wat moet doen. Hulle skep water as die krokodil op die wal se maag vol gevreet is. Hulle jag bokkies in die laat dag wanneer die bokkies lui is… Ens. Soms is daar nie geluk met die jagtery nie en die aandete is dalk net ‘n vrug of twee. Maar hulle panic nie daaroor nie. Hulle AANVAAR hulle omstandighede. (Dis asof hulle weet God sorg vir hulle). Die beste nog is:  Niemand slaap bymekaar se vrouens of bymekaar nie. Niemand steel mekaar se goed nie. Niemand maak mekaar dood nie. En as hulle in die aand om die vuur dans en hulle voorvaders aanbid, doen hulle dit met OORGAWE! En steeds word hulle wyser deur die jare. Ondervinding maak hulle wys. Die ondervinding word opgedoen deur wat elke dag om hulle gebeur. Die gebeure is dus leersaam. Die beste is dat uit alles wat gebeur het behou hulle die goeie as ‘n les geleer. Dit word gefile en elke keer as die selfde of soortgelyke situasie hom voor doen word die file getrek vir verwysing. En eendag as hulle oud is, is al die files saamgebind in een groot hoop wysheid. In hulle eenvoud leer hulle en versamel wysheid.

Hoekom doen ons nie dieselfde nie? Wie is bereid om sy kar te verruil vir sy voete? Sy huis te verruil vir ‘n hut? Sy JEEP klere te verruil vir ‘n gatvelletjie? Sy skaars vakansies te verruil vir die permanente outdoors? Hoekom dit doen? Om terug te kom aarde toe en te ondervind dit wat ons jaaaare terug verloor het. Die eenvoud van mens wees. Die eenvoud van verhoudings met jou kinders en vrou. Die eenvoud van verhoudings met jou vriende en omgewing. Die eenvoud van verhouding met God. Ons wil soms direk opspring na ‘n vlak 10 verhouding met God sonder om eers die basics reg te kry. Sonder om eers jou God te geniet! Dink net, as daar nie iets soos verkeerd was nie. Alles was reg. Geen bose dinge of die moontlikheid dat jy kan oortree nie, bestaan nie. Alles wat jy doen is fine. Onthou, jy het ook nie keuses om te maak nie. Keuses tussen wat reg en verkeerd is nie. Dis net alles neutraal. Skielik het jy tyd vir alles. Jy’t tyd vir God. Tyd om kruisbeen te sit en met mekaar en met Hom te gesels. Jy hoef nie te ‘repent’ nie want daar is niks wat jy kon verkeerd doen nie. Jy hoef nie self te sterf en jou kruis te dra nie want daar is nie verkeerde opsies nie. Wysheid is dan obsoluut…Jy is elke oomblik in God se teenwoordigheid, die bron van alle wysheid. Die God wat wysheid in jou DNA geskryf het. Die wysheid wat in jou hart tot ‘n stofdeeltjie gekwyn het agv ‘n onwyse besluit. Ons het ALLES gehad en ek meen ALLES. Maar toe “dink” ons mos. Ons dink wat sou gebeur as… In plaas daarvan om net te wees. Net asem te haal.

Volgens talle mense se voorspellings oor 2012  Desember 21ste gaan die wêreld of vergaan of in ‘n baie groot mate groot veranderinge ondergaan. Dit kan enige iets wees. Van die koms van Jesus tot en met die wêreld wat letterlik gaan ontplof! Pooof! En alles is gone! Die nuutste oor hierdie sakie is dat die Maya kalenders (daar is baie) verkeerd geinterpreteer is. Dit dui glo op ‘major’ transformasie. Verandering. Bv. Materialisme gaan seerkry. Mens gaan nie geken word aan of hy geld het of nie maar aan sy menswees. Is hy liefdevol en wys?  Kan hy regtig doen wat hy gesê het hy kan doen as Christen. Die mens gaan moet afkom aarde toe. Of dit nou agv ‘n “solar energy burst” is en of God grootendeels gaan ingryp met publieke bonatuurlike fenomene en tekens en wonders. (Ek sal persoonlik van die tweede een hou). Watookal kan of nie gaan gebeur nie, lig gaan val op baie dinge wat voorheen verborge was ( Soos in Jesaja 48:6-7 my skrif aan Harvester Reformational Church Olifantsriviervallei ) en nuwe dinge wat ons nie ken nie sal opspring! Die mense gaan aan materialisme wil vasklou want die ou dinge het vir hulle goed gewerk. Maar die nuwe sal onafwendbaar wees. (my droom oor die “brug”) Die eenvoud van die mens se hart sal ‘ultimatley’ die deurbraak gee. En die bereidheid om die kans te vat en te stap. Baie van hierdie dinge sal op geestelike vlak by mense gebeur. Daarom moet ons geestelik gevoed wees en versterk wees vir eendag as ons daarop moet staatmaak.  

Ek voel dit al lankal in my hart dat hierdie jaar 2012, anders gaan wees. Ek is oor hierdie andersheid baie opgewonde juis omdat dit onbekend is. Dis soos ‘n presentjie. Daar is baie negatiewe konneksies hieraan want baie negatiewe dinge staan op die afgrond en wag net om ‘n klein bietjie van agter af gestamp te word. Maar dis die positiewe dinge waaraan ek dink. Dis dit wat my opgewonde maak. Orals waar jy luister is mense besig om positiewe dinge oor 2012 te spreek. Ek hou veral van die profesië dat God weer soos in die ou testament “public” kan gaan! Die bo-natuurlike dalk natuurlik kan word op plekke waar jy dit die minste sal verwag. Ons is die laaste paar jaar deur revival jare. Dis die MINSTE wat ek verwag van hierdie jaar. REVIVAL in mense se harte en in die wereld. Nuwe dinge. Groot dinge! Elke persoon gaan bepaal wat jy hieruit gaan kry deur eenvoudig en opreg daarna te vra.